Toerusting help mens-dier-konflik navors
'n Namibiese student doen navorsing in die woestyn om die kwessie oor mens-dier-konflik te takel.
Die Japan Oil, Gas and Metals National Corporation (JOGMEC) en sy vennoot Reptile Mineral Resources and Exploration (Pty) Ltd (RMR) het 40 naspoorkameras en een akoestiese opnemer ter waarde van sowat N$75 000 aan die Gobabeb Namib-navorsingsinstituut geskenk.
'n Namibiese student by Gobabeb, Ruben Angala, gebruik die toerusting om mens-dier-konflik in die Namibwoestyn te bestudeer, lui 'n verklaring van Gobabeb. Hy is 'n derdejaarstudent in natuurlike hulpbronnebestuur by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnology (Nust) wat tans sy internskap by Gobabeb doen.
"Die Namib is 'n hiperdorre woestyn met jaarlikse reënval van minder as 25 mm en temperature wat dikwels hoër as s 40 °C is. Alhoewel dit onbewoon is, woon en boer die Topnaar Nama (#Aoni) al vir eeue met vee in hierdie ruwe omgewing van die Laer-Kuisebrivier in die Namib-Naukluft Park, waar mens-dier-konflik onvermydelik sal plaasvind," lui die verklaring.
"Vee is maklike prooi vir roofdiere. Aan die ander kant kan die beweging van vee en hul wagters wildlewe en inheemse herbivore van hierdie gebied uitsluit. Dit het gevolge vir bewaringstrategieë in die beskermde gebied en kan die voordele van die park in die toerismebedryf benadeel."
Angala se studie sal insig oor hierdie konflik voorsien, veral met veebestuurstrategieë om veeverliese te voorkom.
"Elders in Namibië word mens-dier-konflik getakel en goed verstaan. Die situasie in die Laer-Kuiseb is minder voor die hand liggend en baie ingewikkeld," sê Angala.
"Ek hoop om met hierdie bydrae die Topnaarboere se veeproduksie te verbeter, terwyl roofdiere in die ekostelsel deur formele bestuurspraktyke in die Namib-Naukluft Park beskerm word."
Gobabeb is langs die rooiduine van die Namib Sandsee-erfenisgebied langs die Kuisebrivier geleë. Gobabeb bied aan plaaslike en internasionale wetenskaplikes die geleentheid om in een van die droogste navorsingsentrums ter wêreld te werk.
Angala het in konsultasie met wyle hoofman Seth Kootjie in samewerking met die Topnaar-gemeenskap, navorsingsvennote en owerhede sy navorsing gedoen.
Nova JV het die telemetrietoerusting in 2018 verskaf om die vee se bewegings in die hiperdorre Kuiseb te bestudeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie