Toeskouers (100) by sport toegelaat
Toeskouers (100) by sport toegelaat

Toeskouers (100) by sport toegelaat

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het as deel van die nuwe regulasies teen Covid-19 aangekondig toeskouers word voortaan by sportbyeenkomste toegelaat. Dit mag egter nie meer as 'n 100 oorskry nie en Covid-19-protokol moet steeds gevolg word. Met verwysing na openbare vervoer sê Shangula operateurs kan hul volle kapasiteit laai.

Die nuwe regulasies tree middernag môre in werking en is van krag tot om middernag 31 Mei.

Die aandklokreël bly steeds van 22:00 tot 04:00 van krag. Samekomste mag steeds net 'n 100 persone binne of buite hê. Leerlinge in koshuise waar positiewe gevalle is, moet in die koshuis in kwarantyn bly. Persone wat die land met 'n negatiewe Covid-19-toets verlaat, hoef met 'n terugkeer binne die toegelate sewe dae nie weer getoets te word nie. Persone wat met hul terugkeer na Namibië positief toets, kan kies of hulle tuis of in regeringsgeriewe wil kwarantyn.

Met verwysing na die begrafnis van persone wat aan Covid-19 gesterf het, word twee persone toegelaat om vir twee minute die liggaam te besigtig. Die aantal persone by 'n begrafnis bly op 'n 100 mense. Sou 'n persoon aan Covid-19-verwante oorsake in die buiteland sterf, sal die oorskot in Namibië toegelaat word, mits dit veras is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!