Toestel maak werkplek se deure oop – as jy nugter is
Francois Williams – Dié toestel gaan letterlik vir jou deure oopmaak by die werk, maar net as jy nugter is.
Die maatskappy Alco-safe in Pretoria het ’n outomatiese alkoholtoets ontwerp wat by groot fabrieke en myne gebruik kan word om seker te maak net werkers wat nie onder die invloed van alkohol is nie, kry toegang tot die werkplek. En dít sonder dat enige veiligheidspersoneel tussenbeide hoef te tree.
Rhys Evans, besturende direkteur van Alco-safe, verduidelik die probleem met die asemtoetse wat veiligheidswagte by die ingang van fabrieke of ander groot werkplekke gebruik, is dat werkers dikwels vyandig en aggressief optree teenoor die wagte wat die toetse moet doen.
’n Onbemande toetstoestel wat deure of draaihekke outomaties laat oopgaan slegs as die werker die alkoholtoets slaag, los dié probleem op.
Benewens die dreigemente, intimidasie en fisieke geweld waaraan veiligheidspersoneel by ingange onderworpe word, is daar ook die gevaar van omkopery. Wagte kan gedwing of omgekoop word om nie die positiewe toetse aan te meld nie, wat beteken werkers onder die invloed kan die werkplek binnekom, wat ’n oortreding van die Wet op Bedryfsgesondheid en -veiligheid is.
Volgens Evans kan die toestel so in die toegangsbeheerstelsel geïntegreer word dat ’n liggie of sirene afgaan as iemand die toets dop. Die deure sal ook nie oopgaan nie. ’n Kamera kan gekoppel word wat positiewe toetse kan vaslê en as bewys kan dien.
So ver as wat Evans weet, is dit die enigste toestel van sy soort wat plaaslik vervaardig word. Net een van die rekenaarstroombane word van Brittanje af ingevoer.
Dit is ook uniek deurdat dit via Bluetooth-tegnologie kan kommunikeer deur e-pos en foto’s te stuur van ’n alkoholtoets.
Sowat 50 van die toestelle is al by myne en fabrieke geïnstalleer, meestal by steenkoolmyne in Mpumalanga, sê Evans. Daar is ook van die toestelle al in bedryf in Brits en in die Johannesburg-omgewing.
Terwyl ’n asemtoets vir alkohol ’n oombliklike uitslag gee, is ’n toestel om te toets of ’n werknemer onder die invloed van dagga is ietwat ingewikkelder, sê Evans. Dit duur sowat 5 minute om ’n uitslag te kry, so dis tans nog onprakties om so iets deel te maak van toegangsbeheer. Die enigste manier om tans by ’n werkplek te toets of iemand onder die invloed van dagga is, is ’n urine- of speekseltoets. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie