Toetie mor oor Jean se uitlatings
Rugby
Jean de Villiers se uitlatings oor die Springboktrui is dalk nie ideaal gedurende die ontstuimige tye waarin Suid-Afrikaanse rugby hom tans bevind nie.
Allister Coetzee, bokafrigter, het gister sá gereageer nadat De Villiers, ’n voormalige Bokkaptein, verlede week gesê het die Boktrui het nie meer veel betekenis nie.
Coetzee het op die laaste dag van ’n Bok-oefenkamp in Stellenbosch gesê dis tyd dat mense ophou om houe uit te deel en begin saamstaan om die nasionale span vanjaar te ondersteun.
“Dit (sy uitsprake) is dalk nie ideaal op hierdie tydstip nie,” sê Coetzee volgens Sport24.
“Maar ek het vir baie lank saam met Jean gewerk en ek dink hy is in ons kamp, eerder as buite.”
De Villiers het verlede week gesê die strukture in Suid-Afrikaanse rugby, van skoolvlak tot nasionale vlak, is nie gerat vir langtermynsukses nie.
Hy het verskeie redes voorgehou wat, volgens hom, tot die afwatering van die Springbokhandelsmerk bygedra het.
“Iets wat so sterk soos die Springboktrui was, het nou nie regtig meer betekenis vir ons nie,” het De Villiers gesê.
Coetzee doen nietemin ’n beroep op Suid-Afrikaners om die Springbokke nog ’n kans te gun.
“Ek wil net hê ons hier in Suid-Afrika moet daarvan wegbeweeg om die messe uit te pluk en mekaar te verskeur,” sê Coetzee.
“Kom ons staan saam en kyk wat die beste vir Springbokrugby is. Ons het begin by die franchises en daar is wonderlike samewerking met die indabas en dit gaan die pad vorentoe wees.
“Ek kan nie sien hoekom ons dit nie kan regkry nie. Ek hou vol dat ons goeie spelers het, ons het goeie afrigters in die land en ons is almal lief vir die Springbok. Ons moet almal seker maak dat ons vanjaar ’n positiewe bydrae tot Springbokrugby kan lewer.”
Coetzee sien verlede jaar se power vertonings, toe die Bokke slegs vier uit 12 toetse kon wen, as iets van die verlede.
“Ons het aanbeweeg en ons sal sake moet regstel.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie