Toetse bevestig vou00eblgriepuitbreking aan die kus
Toetse bevestig vou00eblgriepuitbreking aan die kus

Toetse bevestig voëlgriepuitbreking aan die kus

Tanja Bause
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bevestig voëlgriep het langs die kus uitgebreek.
Dit kom veral onder seevoëls in die omgewing van Walvisbaai voor.
Laboratoriumtoetse is gedoen nadat sowat 200 kormorante en twee pelikane sedert 13 Januarie by Voëleiland en die soutwerke dood gevind is en vermoed is hulle het weens hierdie gevreesde voëlsiekte gevrek.


Onderskrif: Dié foto is tydens 'n vorige voëlgriepuitbreking by Lüderitz deur Jessica Kempen geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer