Toetse wys beendere tog dalk dié van Earhart
Die menslike beendere wat in 1940 op 'n eiland gevind en waarop 'n studie gedoen is, kan moontlik dié van die wêreldbekende vlieënier Amelia Earhart wees.
Earhart sou in 1937 die eerste vrou geword het wat om die wêreld gevlieg het. Sy, haar navigator, Fred Noonan, en hul vliegtuig het spoorloos oor die Stille Oseaan verdwyn.
Volgens die studie in die vaktydskrif Forensic Anthropology is die bene wat in 1940 op die eiland gevind is met nuwe metodes en tegnologie herbekyk.
Daar is nog altyd gedink haar vliegtuig het dalk naby die eiland Nikumaroro, voorheen Gardner-eiland, op die koraal geland.
Op 2 Julie 1937 het Earhart en Noonan op een van die laaste skofte in hul vlug om die wêreld vertrek. Dié skof was van Lae, Nieu-Guinee, na Howland-eiland.
Dié eiland is in die middel van die Stille Oseaan naby die ewenaar. Dit was die 29ste dag van hul reis. Howland-eiland is net 2,4 km lank en 800 m breed, volgens The International Group for Historic Aircraft Recovery (Tighar).
Om op die eiland te land moes Earhart kontak maak met die kuswag se skip Itasca.
Die vermoede bestaan dat Earhart en Noonan weens die digte wolke en reën Howland-eiland gemis en na Gardner-eiland (nou Nikumaroro) gevlieg het. Daar het sy moontlik op die koraal geland. Later is 'n “kampterrein” met artefakte daar gevind, asook 13 menslike beendere.
Dié beendere is nou weer bestudeer deur dr. Richard Jantz en vergelyk met haar fisieke voorkoms en lengte. In alle opsigte stem die beendere ooreen met Earhart.
“Sy was 'n lang vrou met nou heupe. Dit was duidelik uit alle foto's en uit die omtrek van haar heupe dat dit nou heupe vir 'n vrou is.”
Die bene is in 1941 as dié van 'n man geklassifiseer in Fidji, maar volgens die studie was tegnieke in osteologie nog nie so gevorderd soos nou nie.
Die lengte van die tibia is ook volgens die studie in ooreenstemming met haar lengte wat tussen 1,73 m en 1,76 m was. So ook die deel van die skedel wat gevind is.
Daar is klere van haar by die Purdue-Universiteit, in Indiana in Amerika, wat hy kon meet, waar die hele argief van haar gehou word, asook al haar foto's. Dit is in die studie gebruik.
Die beendere is nie dié van Noonan nie – hy was langer. Die gewig kon ook uit die bene bepaal word, wat ook ooreenstem met haar lenige lyf en 'n gewig van tussen 54,6 kg en 58,9 kg.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie