Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot
Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

Augetto Graig
Bank Windhoek het vandag hul skenking van reagent- en weefselmonstertoetsstelle aan die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) aangekondig.

Dié handelsbank se uitvoerende beampte vir bemarking, me. Jacquiline Pack, het die skenking aan die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, by NIP se hoofkantoor oorhandig.

NIP het met logistieke uitdagings met die aankoop van die toerusting gehelp en volgens Pack sal hulle verseker nog 500 Namibiërs word getoets soos ons die stryd teen Covid-19 voortsit,” sê sy.

Shangula sê die bank sluit by ’n lang lys Namibiërs aan wat tot die nasionale stryd teen die virus bydra.

“Ons het ’n teiken om so veel Namibiërs as moontlik te toets en die skenking van toetsstelle help ons om dié doelwit te bereik,” sê hy.
Die bank help ook met die finansiering van ’n bewusmakingsveldtog in inheemse tale wat deur die nasionale uitsaaidienste versprei word.

Hulle het vandeesmaand 13 10 000 liter watertanks aan inwoners van die Moses //Garoëb- en Samora Machel-kiesafdeling in Windhoek geskenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!