Toetsspeler van 1990 môre begrawe
Rugby
Andrew Poolman - Talle ou rugbyvriende behoort môre op Swakopmund byeen te wees wanneer finaal afgeskeid geneem word van die voormalige Namibiese rugbyspeler Heinrich (Sop) de Waal, wat op 29 Desember ná ’n siekbed oorlede is.
Dit was net ’n paar dae voordat hy op 9 Januarie sy 55ste verjaardag sou vier.
De Waal het as vleuel ’n paar Curriebeker-wedstryde in die doodsnikke van die destydse Suidwes-Afrika se gloriejare 1988 en 1989 gespeel.
Hy het klubrugby vir Dolphin van Swakopmund gespeel, wat ook tot sy bevordering gelei het om in die destydse politieke bedeling die Nanru-trui te dra en selfs vir die SA Rugby-unie se span gekies te word.
Op die eerste Saterdag ná onafhanklikwording (24 Maart 1990) was De Waal die linkervleuel vir die geskiedkundige eerste toets wat die nuwe Namibië in Windhoek teen Zimbabwe gespeel het. De Waal en sy vleuelmaat en kaptein Gerhard Mans het elkeen ’n drie gedruk in die oorwinning met 33-18.
’n Maand later het De Waal in sy tweede en laaste toets uitgedraf, toe die Portugal-toerspan met 86-9 oorrompel is – ’n wedstryd waarin Gerhard Mans die nasionale toetsrekord opgestel het deur vir ses drieë deur te nael.
De Waal, wat sy hoërskoolloopbaan by Tamariskia voltooi het, se bynaam Sop (of Sop-Sop) het van jongs af vasgesteek as ’n afgeleide vorm van “Sharp-sharp” – omdat hy so ’n haastige naelloper was.
In sy jonger dae was hy ook ’n kranige naelloper vir spanne soos Rössing en Weermag en ook op klubvlak aktief in sokker en krieket. Hy het ook ’n groot liefde vir hengel, boerdery en jag gehad.
Vir die grootste deel van sy werkloopbaan was hy aan Rössing Uraan verbonde, voordat hy kortstondig ook by die uraanmyn Husab werksaam was voor sy aftrede om te gaan boer.
In onlangse jare het hartprobleme egter begin pla en onder meer tot ’n opehartoperasie gelei.
De Waal word môre om 12:00 vanuit die Rooms-Katolieke kerk in Tamariskia ter ruste gelê. Vanaand sal daar ook ’n diens by die huis in Maritzstraat 6 op Swakopmund wees.
De Waal laat sy vrou Valerie, drie seuns (Geraldo, Marlo en Valdio) en twee dogters (Genevieve en Shivonne) agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie