Toksiese konkoksies
Minette Brink - Ontmoet vir Mary Frances Gerety.
Die rede waarom Sussa de Swart se gemoed donkerder as haar nooiensvan is.
Antie Merrie was die Amerikaanse kopieskrywer verantwoordelik vir die slagspreuk "A Diamond is Forever", in 1947 geskep vir die diamantreus De Beers en tot vandag in gebruik.
Vanweë die afname in diamantverkope ná die Groot Depressie, was die reus verbete met sy bemarking- en advertensietrieks. En siemsalabiem, antie Merrie slaan een reël aanmekaar wat mense (veral mans) tot in ewigheid sal breinspoel en oortuig 'n deurskynende klippie is die sleutel en ketting vir vurige romanse en sekuriteit in die liefde. En hoe groter die klippie, hoe groter die liefde.
Haai sjym, man(s). Dis mos nie reg nie. En dan het De Beers se voormalige voorsitter Nicky Oppenheimer sowaar ook gesê 'diamante doen niks, dis niks werd nie. Hul betekenis en waarde sit in die emosies wat daarin belê word.”
Sussa het geen idee wie antie Merrie is nie. Dié is in 1999 dood.
Sussa was toe nog 'n tiener propvol drome, met sketse en tydskrifprentjies teen die muur oor haar feëverhaaltroue eendag. Die rok, skoene en hare was op 21 finaal oor besluit. Maar die ring, ai, wat 'n moeilike ding.
Teen die tyd dat sy skuins voor 30 vir Botties ontmoet het, was Sussa reeds jare pal koorsig. Nie meer oor trou-lus nie, oor klip-lus.
Botties was 'n goeie, dierbare man. Hardwerkend, opreg, vriendelik, sober en nie 'n rondloperhond nie. Nie te ryk nie, maar ook nie te arm nie.
Botties se enigste swak punt was sy liefde vir Sussa. Vir haar sou hy die ekwivalent van sy jaarlikse salaris uitgee op die verloofring en vir maande leef van koolbroodjies en water. Al het die slim advertensiemense gesê een maand se salaris is net reg vir die klip se prys. Maar as jy meer wil betaal, des te beter. En hoe liewer sal sy vir jou wees.
Benewens Botties se blindheid vir die liefde se foute het hy ook nie die verskil tussen 'n diamant en sirkonia geken nie. Net een keer het hy die fout gemaak om - behoede ons - bleek vir Sussa te vra (én voor die klipverkoper in die stywe winkel): Hoekom verskil die twee se pryse so kwaai? Dit lyk dan presies dieselfde? Kan ek nie liewer vir daardie prys vir jou 'n nuwe kar, tuimeldroër én ses weke se vyfsterverblyf in Thailand koop nie?”
Sussa het die laaste greintjie verset in Botties doodgekyk en is die volgende naweek geseën met 'n bielie van 'n ring. 'n Lelike ding, as jy my vra. Maar niemand het nie, toe sê ek ook maar niks.
Die mensdom is vergiftig deur toksiese konkoksies gebrou van gierigheid, slim advertensies en uitbuiting van onnodige minderwaardigheid, toegedien deur die oë. Wat ek sien, moet ek hê.
Ek wil tog nooit weer gering word nie. Ek is immers nie 'n voël nie. Dalk is dit die eintlike rede waarom my huwelik net 'n jaar en 45 minute gehou het. Oor daai slot aan die vinger. En dit was nie eens 'n grênd storie nie. Sommer by Sabie se snuisterywinkel langs die magistraatskantoor gekoop. Gevlegde koper-en-silwer nommers. Om te pas by die laprok en strooihoed. Die “wittebrood” (nog een van daai simpel Afrikaanse woorde wat glad nie vir my sin maak nie) was 'n week in 'n tent langs die Blyde-rivier. Wat kan ek sê, affêres trek my keel toe. As ek wel weer eendag per ongeluk in 'n wip gevang word, sal 'n week in Thailand verbysterend gaaf wees, baie dankie.
Ek hoor Sussa en Botties staan op skei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie