Tollende voertuig trek meters deur lug
Tanja Bause – 'n Land Cruiser van die polisie met die registrasiemerk POL 6230 het gister om 08:00 net ná die Katutura-brug op die westelike verbypad verongeluk.
Die voertuig het verskeie kere oor al vier die bane en die middelman gerol voordat dit 'n afritbord getref en op sy sy te lande gekom het.
Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die Namibiese polisie, het die bestuurder, adjudant-offisier Naft-Everest Mbaeva (39), beheer oor die voertuig verloor. Hy is op slag dood.
Die polisie het bevestig daar was ook 'n vrou in die voertuig wie se besonderhede in 'n latere stadium verskaf sal word.
“Die voertuig was deel van die huidige streekbevelvoerder van die Khomasstreek, kommissaris Ismael Basson, se vloot. Die adjudant-offisier was aan diens.”
'n Man het berig dié voertuig was een van drie voertuie met POL-registrasienommers wat teen 'n baie hoë spoed verby hom by die Brakwater-weegbrug gejaag het. Hy het aangery en op die ongeluk afgekom.
Nog 'n ooggetuie het gister vertel hy was op die glipweg toe hy sien die voertuig kom teen 'n “vreeslike spoed” onderdeur die Katutura-brug oor die westelike verbypad.
“Hy was in die linkerbaan en het skielik na regs geswenk. Toe die voertuig die grondstrook tussen die twee bane tref, het dit begin tol. Daar was net een groot stofwolk,” vertel hy.
Volgens die ooggetuie het die voertuig deur die lug getrek teen die tyd toe dit die regterbane getref het.
Dit het die afritbord langs die pad getref en uiteindelik meters van daar op sy sy te lande gekom.
Hy sê die bestuurder “het minstens 160 km/h in 'n 80 km/h-sone gery”.
“Daar was geen konvooi nie en namate inligting beskikbaar word, sal ons dit deel. 'n Ondersoek is van stapel gestuur wat die spoed van die voertuig sal bepaal,” het die polisie se woordvoerders gesê.
– [email protected]
FOTO
Die Land Cruiser van die polisie het etlike meter oor die Westelikeverbypad se vier bane en die middelman getol, die afritbord getref en uiteindelik op sy sy te lande gekom. Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie