Tolpaaie dalk op pad

Die Padfondsadministrasie sê ’n gebruik-betaal-stelsel beteken padgebruikers betaal slegs vir paaie wat hulle gebruik.
Catherine Sasman
font face="Verdana" >

Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.

Dít as ’n moontlike bykomende bron van inkomste vir die Padgebruikersheffingstelsel (Rucs), wat fondse vir die instandhouding en opknapping van nasionale paaie in stedelike en landelike gebiede insamel.

Aan die begin van die maand het die RFA ’n tender uitgereik om te bepaal op watter paaie of dele van paaie tolgeld van toepassing moet wees, en om ’n tol-infrastruktuur te verskaf.

Die voorgestelde studie sal onderneem word om inkomste deur tolgeld oor 5, 10, 20 en 30 jaar vooruit te skat, om insamelingsmeganismes te bepaal en ’n wetsraamwerk hiervoor te skep.

Mnr. Ali Ipinge, die RFA se uitvoerende hoof, het gesê die fonds oorweeg tans slegs die uitvoerbaarheid van ’n tolstelsel vir Namibië.

Die jongste studie is in 2008 gedoen en het bevind dat ’n tolstelsel is nei uitvoerbaar nie, omdat die land nie die verkeersvolumes het om dit te regverdig nie.

Sedertdien het Namibië se getal voertuie van 196 000 wat geregistreer is tot 370 000 gestyg, wat volgens Ipinge “voldoende kan wees om ’n saak ten gunste van ’n tolstelsel te bou”.

“In die stadium weet ons egter nie, en daarom ondersoek ons die uitvoerbaarheid daarvan,” het Ipinge gesê.

Hy het gesê die huidige heffingstelsel vir padgebruikers is nie billik nie.

“Namate voertuie meer brandstofdoeltreffend word, betaal padgebruikers minder per kilometer wat hulle aflê.

“Laerinkomstegroepe het egter steeds brandstof-ondoeltreffende voertuie, wat beteken hulle betaal meer per kilometer. Hierdie ongelykheid het eenvoudig te groot geword om te ignoreer, en uiteindelik subsidieer die laerinkomstepadgebruiker instandhouding vir die meer welaf padgebruiker,” het Ipinge gesê.

Daarom is die RFA op soek na ’n metode vir die heffing van padgebruik wat billik en deursigtig vir alle padgebruikers is en “maatskaplik regverdig teenoor minderbevoorregtes is”.

Die regering finansier die ontwikkeling van nuwe paaie, terwyl die RFA geld deur Rucs vir die instandhouding van nasionale paaie insamel.

Ipinge sê deur na ’n “gebruik-betaal-stelsel” oor te skakel, ’n metode wat wêreldwyd al gewilder raak, sal padgebruikers nie vir die instandhouding van paaie betaal wat hulle nie gebruik nie.

“Die RFA beoog om ’n balans tussen padheffings en voertuigonkostes te vind,” het hy gesê.

Ipinge sê soos padgebruikheffings styg, sal die gehalte van paaie verbeter en voertuigonkostes verminder.

“By hierdie kruispad sal padgebruikheffings, die koste van voertuiginstandhouding en algehele vervoerkostes vir die padgebruiker verminder,” het hy gesê.

“Ons glo nie Namibië is tans in dié goeie posisie nie en daarom is ons besig om vernuwende maniere te vind om daar te kom. Sodoende word die padgebruiker van waarde vir sy geld verseker en word ’n bevorderlike omgewing geskep vir die regering se ontwikkelingsagenda van ’n logistieke kern,” het Ipinge gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!