Tolstelsel kan geld inbring
Die geld wat deur dié stelsel of 'n lening bekom word, sal nodig wees vir die RFA om hul mandaat te bereik.
Ogone Tlhage - Die Padfondsadministrasie (RFA) het vir die tweede keer vanjaar die moontlikheid geopper dat 'n tolstelsel op Namibië se nasionale paaie in werking gestel kan word.
“Die bekendstelling van 'n tolstelsel sal die fonds help om sy inkomstebasis te verbreed,” het mnr. Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die RFA, tydens die bekendstelling van die organisasie se nuwe vyfjaar- sakeplan gesê.
Die RFA beoog om 'n bykomende lening van 30 miljoen euro by die Duitse KfW-ontwikkelingsbank aan te gaan.
Ipinge het gesê die geld wat deur die tolstelsel of 'n lening bekom word, sal nodig wees vir die RFA om hul mandaat te bereik.
Hy het verder klem gelê op die beperktheid van RFA-fondse.
“Die daarstel van 'n doeltreffende en optimale inkomstebasis is tot dusver 'n uitdaging en gaan in die afsienbare toekoms steeds 'n uitdaging wees. Dit kan 'n agterstand met instandhouding op die nasionale padnetwerk tot gevolg hê.”
Volgens Ipinge is 'n lys van opsies tans onder bespreking en die instelling van 'n tolstelsel is hierby ingesluit.
“Ons oorweeg opsies soos 'n tolstelsel en is tans met 'n projek in dié verband besig.'
Die RFA se sakeplan vir 2017 tot 2023 dui op die moontlikheid van 'n lening van 30 miljoen euro by die KfW-ontwikkelingsbank.
Dit sal vir die opgradering van die wyer vervoerinfrastruktuurnetwerk gebruik word.
“Die RFA, wat deur 'n regeringswaarborg gesteun word, moet nog 'n leningsooreenkoms van sowat N$492 miljoen met KfW bevestig. Die beloofde bedrag van 30 miljoen euro sal teen die toepaslike wisselkoers na Namibiese dollars omgeskakel word.'
Dit sal onder meer gebruik word vir die opknapping van 87,8 km tussen Keetmanshoop en Mariental op die B1-roete, die instandhouding van stedelike paaie, sowel as die bestuur van die Namibiese Verkeersinligtingstelsel (NaTIS).
Mnr. Rianus !Gonteb, van die RFA, sê die fonds sal bronne so regverdig en gelyk moontlik aan dorpsrade toeken.
Nuwe maatreëls sal as riglyn vir die verspreiding van fondse tussen dorpsrade dien.
Die toekenning van fondse sal gebaseer word op 'n stel gespesifiseerde parameters, soos die bevolking van 'n dorpsraad, die stygende aantal voertuie en verkeersyfers.
Voorts sal streekskonsultante aangestel word wat verskeie gebiede verteenwoordig en hulp aan dorpsrade verleen wanneer versoeke vir die finansiering vir die opgradering van die infrastruktuur van paaie, asook die opgradering van bestaande infrastruktuur, gemotiveer moet word.
“Hulle sal beplan, ontwerp, tenderdokumente voorberei en ook met die opstel van begrotings help,” het !Gonteb gesê.
Volgens hom sal die raadgewers ook ondersteuning binne die verskeie dorpsrade vir die kontrolering en evaluering van padwerke bied.
Vyf streke, naamlik die noordelike, noordoostelike, noord-sentrale, sentrale en suidelike streke is geïdentifiseer en 'n raadgewer is aan elk toegeken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie