Tongaat-verhandeling hervat nou eers in 2020
Die suikergroep Tongaat Hulett gaan die JSE vra om sy aandeelverhandeling vir nog ’n rukkie langer opgeskort te hou.
Tongaat het vroeër belowe die verhandeling sou opgeskort word sodra hy sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend maak, wat Dinsdag gebeur het. Maar nou sê Tongaat in ’n nuwe Sens-verklaring hy wil liewer die JSE vra om eers die verhandeling te hervat wanneer Tongaat sy handelsverslag vir die halfjaar tot einde September uitgereik het.
Tongaat verwag om dit teen die tweede helfte van Januarie te doen.
Die maatskappy meen ’n oog oor die syfers vir die halfjaar tot einde September sal beter insigte gee oor vordering met die herstrukturering, besnoeiings en regstel-optrede wat die direksie en bestuur sedert einde Maart begin het.
Dit spruit uit die boekhoubedrog wat opgespoor is in die maatskappy se syfers vir die 2018-boekjaar, wat daartoe gelei het dat Tongaat se aandeelverhandeling in Junie opgeskort is.
Die ouditfirma PwC het ’n forensiese ondersoek gedoen wat vingers wys na ’n paar voormalige senior bestuurders by Tongaat, insluitend Peter Staude, die voormalige uitvoerende hoof wat verlede jaar uitgetree het.
Volgens die Tongaat-direksie het meer as agt maande verloop sedert die einde van sy boekjaar, en die handelsverslag vir die halfjaar tot September sal meer onlangse inligting verskaf.
Die ekstra tyd sal beleggers meer tyd gee om die syfers vir die boekjaar tot Maart te ontleed omdat dit meer kompleks is as gewone jaarstate.
Hoewel die boekhoubedrog by Tongaat herinner aan die ineenstorting by die meubelhandelaar Steinhoff wat deur miljarde rande se eise van aandeelhouers in die gesig gestaar word, meen Chris Logan, aandeelhoueraktivis en uitvoerende hoof van Opportune Investments, dat Tongaat nog gered kan word.
Hy het Woensdag aan CNBC gesê sodra Tongaat se skuld herskik is en hy R4 miljard deur ’n regte-uitgif ingesamel het, kan winsgewendheid sterk verbeter.
Tongaat het egter skuld van R11,4 miljard en het negatiewe ekwiteit van R2 miljard, sê Logan.
Daar lê dus steeds harde werk vir Tongaat voor selfs as hy die regte-uitgif van R4 miljard kan regkry en nie-kernbates verkoop.
Logan het egter vertroue in die nuwe bestuurspan onder Gavin Hudson. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie