Tonge klap oor kondoomkontrak
Tonge klap oor kondoomkontrak

Tonge klap oor kondoomkontrak

’n Storm woed nadat ’n beslote korporasie wat vir 17 jaar kondome aan die staat voorsien het, dié kontrak kwyt is.
Denver Kisting – Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê dit is jammer dié ministerie loop gedurig onder onregverdige kritiek deur.

Dít kom nadat die gesondheidsministerie opnuut in die spervuur is omdat hy onlangs ’n tender vir die lewering van kondome vir mans aan die staat aan ’n nuwe maatskappy toegeken het.

Verlede week het die nuus rugbaar geword die enigste plaaslike kondoomvervaardiger, Commodity Exchange, is ná amper twee dekades hul kontrak met die staat kwyt.

Nangombe het Vrydag by navraag oor die kondoomherrie gesê: “Dis jammer dat ons met modder gegooi word om ons onregverdig te diskrediteer.”

Volgens hom het die langtermynleweraar van die voorbehoeding nie aan alle tegniese vereistes van die tender voldoen nie. “Hulle het nie voldoen aan die kriteria nie. Gevolglik kon hul bod nie voortgaan na die volgende stadium van evaluering nie,” het hy gesê.

Nangombe vermeld nie dié vereistes in sy antwoord aan Republikein nie.

Boonop, sê die uitvoerende direkteur, dié maatskappy se prys was meer as N$24 miljoen teenoor die gunstiger N$14 miljoen wat die suksesvolle tenderaar die staat sal aanslaan.

“Nou sê vir my: Aan wie sou jy die tender toeken as jy in my skoene was? Aan ’n vervaardiger wat vir 17 jaar die amper-monopolie geniet het en die minister te veel wil aanslaan of ’n alternatief waar die ministerie die helfte van die geld kan spaar?”

In die sosiale media gons dit oor die toekenning van die kondoomkontrak aan Supremo Medical Supplies.

Mnr. Averouz Maritz sê in ’n aanlyn plasing op Facebook: “So, die Namibiese ministerie van gesondheid het besluit om aan Supremo Medical Supplies die kondoomtender toe te ken hoewel Namibië ’n kondoomvervaardiger het wat die afgelope 17 jaar kondome aan die staat gelewer het. Ons moet eenvoudig vra wie besit vir Supremo en van waar voer hulle ‘hul’ kondome in?”

Volgens Maritz sal ’n land “deurspek met korrupsie nie ophou tot daar niks oor is nie. Ek bid Comex sluit sy fabriek en verskuif dit Suid-Afrika toe waar hulle heelwaarskynlik waardeer sal word.”

Maritz se broer mnr. Bertranne Maritz, wat aan spits staan van Commodity Exchange, sê nie net is hulle die enigste vervaardigers van kondome nie, maar behartig hulle ook self toetse om gehalte van hul kondome te bepaal.

Volgens hom is dit onseker hoe daar seker gemaak word die suksesvolle tenderaar se kondome voldoen aan die nodige vereistes.

Hy sê voorts die jongste wending sal daartoe lei dat hulle hul werknemers sal moet aflê.

Nangombe het hom Vrydag self tot Facebook gewend en in ’n plasing gesê Commodity Exchange is terdeë daarvan bewus hoekom hulle die kondoomtender kwyt is.

Buitendien is die nuwe leweraar ook Namibies, het hy bygevoeg.

Pogings om by Supremo Medical Supplies kommentaar te kry, was onsuksesvol.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.86/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.007 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.06/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 988.06/OZ DOWN -0.0203 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.86/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.007 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.06/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 988.06/OZ DOWN -0.0203