Tonge klap oor Mej. Namibië se kostuum

Mej. Namibië, Nadja Breytenbach, het gister na Atlanta in die VSA vertrek om aan die 68ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie deel te neem.

Voor haar vertrek het Nadja haar nasionale kostuum deur die Suid-Afrikaanse ontwerper Mzukisi Mbane onthul.

Volgens me. Conny Maritz, besturende direkteur van Miss. Namibia Venture Pty (Ltd), vier en omarm die nasionale kostuum Namibië se uiteenlopende skoonheid en verskeidenheid.

“Die kopstuk weerspieël Afrika se indrukwekkende en unieke natuurlewe en plaasdiere,” sê sy.

Die broekpak is glo geïnspireer deur en verwys na die land se uiteenlopende en interessante stamme.

Die kleure en patrone verteenwoordig die kleurvolle landskappe en weerkaatsing van die halfedelgesteentes wat oraloor Namibië aangetref word, sê Maritz.

“Die kostuum is gestruktureer, wat hierdie unieke land se krag vier, met sy ongelooflike breë spektrum en magdom kleure van die fauna en flora – insluitende die immer veranderende duine en landskappe.”

In die sosiale media het dit gegons soos mense hul ongelukkigheid oor die kostuum uitgespreek het, en ook omdat ’n Suid-Afrikaner dit ontwerp het.

Kommentaar sluit in die kostuum verteenwoordig nie Namibië en sy mense nie, maar eerder Suid-Afrika se Zulu’s.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!