Tonge los oor grond
Tonge los oor grond

Tonge los oor grond

Dani Booysen
'n Beweerde uitspraak deur pres. Hage Geingob dat Namibië die voorbeeld van grondhervorming in Zimbabwe gaan volg, het die naweek soos 'n veldbrand versprei en baie tonge los gehad.

Die Namibiese staatshoof was op besoek aan Zimbabwe.

Gegewe die noue bande tussen die twee lande was die groot eerbied wat opnuut aan pres. Robert Mugabe as strydikoon betoon is, geen verrassing nie.

Selfs in die Herald se berig is daar geen aanhaling wat die Zimbabwiese staatskoerant se opskrif ondersteun dat Namibië die Mugabe-plan gaan volg nie. Dit geld ook talle ander berigte. Vir enigeen om hierdie persepsies en interpretasie as die waarheid te glo, is gevaarlik.

Geingob se mees “positiewe” opmerking was dat grondhervorming in Zimbabwe 'n pynlike keisersnee was wat darem uiteindelik vrugte dra. Die ekonomiese en maatskaplike feite rondom hierdie grondgrypery sonder vergoeding is alombekend.

Volgens Geingob volg Namibië hierteenoor die uitgerekte proses van natuurlike geboorte, waarin optimale landbouproduksie noodsaaklik is.

Hy het opnuut inklusiwiteit en gesprek oor grondhervorming benadruk en die belang van die vraagstuk beklemtoon. “Ons kan nie wegkruip vir die saak nie,” het hy gesê. Dit alles is deel van sy langdurige boodskap.

Zimbabwe was inderdaad 'n leier in nywerheidsontwikkeling, maar die negatiewe impak van die land se grondplan en algemene politiek op hierdie sukses is ook bekende feite.

'n Mens moet nie vergeet dat in die geïsoleerde Zimbabwe enige stukkie positiewe kommentaar maklik buite verhouding aan­geblaas sal word nie.



So sê ander

28 April 2017



Gryp die kans aan om te leer uit kernkragsaak



Die regering moet liefs nie probeer appelleer teen vandeesweek se uitspraak in die hooggeregshof in Kaapstad wat al sy voorbereidingswerk vir sy kernkragambisies feitlik met een veeg van die tafel gevee het nie.

Regter Lee Bozalek se uitspraak is onomwonde en duidelik. Die regering het hier sy hand oorspeel in sy oorywerigheid om 'n duur projek te pak sonder om die Grondwet in ag te neem. Die minagting van oop en deursigtige regering is 'n klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner.

In ag genome die kostebevel wat die regter gegee het, kan 'n appèlproses uiteindelik 'n uitgerekte en duur storie word – en belastingbetalers gaan daarvoor moet opdok.

Die beter roete is as die regering die gebeure aangryp as 'n leergeleentheid om sy lippediens aan oop en deursigtige regering en tenderprosesse met die daad op te volg, en om 'n rasionele energiebeleid te volg wat bekostigbaar is.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!