Tonne plofstof gee hawe skiet
Tonne plofstof gee hawe skiet

Tonne plofstof gee hawe skiet

Walvisbaai se hawe het by vragdruk in Dar es Salaam gebaat, asook by ‘n sloerstaking in Durban.
Otis Finck
Otis Finck op Walvisbaai – ’n Vrag van sowat 4 000 ton ammoniumnitraat met ’n hoë digtheid (HDAN) sou naverwagting Vrydag van Rusland af in Walvisbaai se hawe aan.

Dit is die grootste vragvolume vir die hawe ooit en is vir Kitwe in Zambië bestem, wat vir sy koper- en mangaanmyne bekend is.

Ammoniumnitraat word as plofstof in die mynbedryf gebruik wanneer dit met ander stowwe gemeng word, en word ook as kunsmis aangewend.

Mnr. Ockert Maritz, sakeontwikkelingsbestuurder by Crossroads Distribution Namibia (CDN), sê die geleentheid is ‘n mylpaal en reuse- logistieke operasie vir dié maatskappy, Namport en African Warehousing and Logistics (AWL) Zambia.

Hy sê die projek bied die Walvisbaaise hawe en die Namibiese ekonomie ’n goeie hupstoot.

“Die geraamde N$14 miljoen is ‘n wonderlike bron van inkomste vir Namibië, die hawe en die dorp. Die sending sal die land se strategiese visie steun om die Walvisbaai-Zambië-vervoerkorridor en Namibië as streeksentrum te ontwikkel.”

Dit ontsluit verskeie geleenthede vir die vervoerkorridor, sê hy.

“As ons suksesvol is, sal dit lei tot ander projekte in die toekoms. Internasionale maatskappye stel baie in die projek belang en hou dit noukeurig dop.”

Maritz sê weens vragdruk wat by die hawe in Dar es Salaam in Tanzanië ondervind word en die sloerstaking by die Durbanse hawe sukkel lande sonder hawens met logistieke reëlings vir skeepsvrag.

African Warehousing and Logistics (AWL) is deur een van sy kliënte gekontak om die 4 000 ton HDAN van St. Petersburg in Rusland af via Walvisbaai na Kitwe in Zambië te vervoer.

AWL het CDN by die vervoer daarvan betrek, sê Maritz.

Die vrag is Vrydag aan boord die Korsoe in die hawe verwag nadat die 108,97 m lange vragskip die eiland Las Palmas op 16 Julie verlaat het.

Die vrag sal dan met lorries na die stoorgeriewe buite die dorp geneem word, en van daar af sal die ammoniumnitraat met nagenoeg 120 lorrievragte na Kitwe vervoer word.

Crossroads Distribution Namibia, voorheen bekend as Jowells Transport, is as ’n karweier van plofstowwe geregistreer.

Met meer as 83 jaar se ervaring fokus die maatskappy op die vervoer van brandstof, plofstowwe en algemene vrag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!