Top-sjefs kóók by JoJo’s
Lede van die media is onlangs deur die nuwe eienaars van JoJo’s Music and Art Café genooi om hulle proe-spyskaart te geniet wat deur top Namibiese sjefs voorberei is.
Die vyfgang-maaltyd het met moderne tegnieke en innoverende kos verras.
“Ek het altyd geweet dat ek smaakknoppies het, maar dit voel asof hulle vir die eerste keer nou werk en lewendig is,” het Limba Mupetami van Windhoek Express gesê.
Op die spyskaart was onder meer tarentaal met gepekelde mosterdsade, tuna en wortels. Maar nie net wortels soos almal dit ken nie. Dit was op tien verkillende maniere voorberei – onder meer ’n wortelmoes, sorbet, soutkoek, gedroog en gebraaide wortels.
Dit is gevolg deur vark met geroosterde vye. Die ete is met ’n granaatsorbet en ’n appel tarte Tatin afgesluit.
“Ons kyk altyd na kookprogramme op die televisie en is verbaas oor wat die mense alles met kos kan maak, hoe dit lyk en hoe dit voorberei word. Nou is dit hier voor my en ek kan nie net daaraan vat nie, maar ek kan dit eet en proe. Dit lyk net soos die geregte op televisie,” het Deon van Rensburg van RadioWave gesê.
Die nuwe JoJo’s belowe om die tuiste vir innoverende Namibiese kos te word. ’n Plek waar kos gemaak word om spesiale herinneringe te skep en waar uiteet vermaak belowe en gevul is met opwinding.
“Ons wens is om met mense wat JoJo’s besoek verskillende en interessante bestemmings en ervarings te deel. Ons sal hulle op reis neem deur musiek, nuwe kos en nuwe kuns,” het een van die eienaars, Christie Keulder, gesê.
“Gaste kon eerste Frankryk geniet. Ons het hulle op ’n reis na Parys geneem met Franse kos, musiek en ’n muurskildery van ou Parys met die Eiffel-toring. Niemand weet waar ons volgende gaan stop nie,” het Keulder bygevoeg.
Die kos wat bedien gaan word, sal modern wees en sluit Namibiese disse in.
“Ons mag die enigste restaurant wees wat gaste vra om al hul sintuie aan die kreatiewe pogings van ons plaaslike kulinêre sjefs oor te gee. By JoJo’s sal jy nuwe bestanddele en tegnieke leer ken terwyl sekeres op ons plaaslike spesialiteite toegespits gaan word,” het hy gesê.
“Middagete sal baie vars produkte soos slaaie insluit. Al ons kos word vars voorberei en daar sal iets vir almal wees, ook vir vegetariërs en selfs veganiste. Middagete is ontspanne en gemaklik - die perfekte halfdagwegbreek met goeie kos en goeie geselskap,” het die hoofsjef David Thomas, gesê.
Saans sal daar vanaf 18:00 tot 22:00 ’n opgewekte atmosfeer in die restaurant heers. Dan kan gaste die proe-spyskaart geniet wat uit ’n versameling van smake, interessante kombinasies en wonderlike tegnieke bestaan. Die proe-spyskaart bestaan uit veelvuldige gange, maar gaste kan ook net uitsoek waarvan hulle hou.
Die nuwe eienaars van JoJo’s Music and Art Café is interessante persoonlikhede wat hul eie unieke flair na die tafel sal bring.
Aleksandra Orbeck-Nilssen is in Noorweë gebore en het ses jaar gelede na Namibië gekom. Sy het die Nanofasa-organisasie wat met die San in die Nyae Nyae bewaringsgebied werk, gestig. Sy is ’n internasionale model, aktrise, openbare spreker, volhoubaarheid ambassadeur, yoga instrukteur, dokumentêre aanbieder, ontwerper en die medestigter van die LA Acting & Rooted Travels.
Mike Ott is ’n bekende musikant, musiek promoter en die eienaar van die Warehouse Theatre. Hy is ook ’n stigterslid van die jaarlikse Namrock-fees en hy bevorder reeds die afgelope tien jaar feeste en optredes deur plaaslike en internasionale musici. Sy passie is om mense van verskillende agtergronde deur kuns en kultuur bymekaar te bring.
Dan is daar Christie Keulder. Hy kook, neem foto’s, skryf en bou nog nou en dan statistiese modelle. Hy wil moderne wetenskap en molekulêre gastronomie gebruik om mense in Namibië met kos te betower. Hy stel baie belang in die kreatiewe proses van kosmaak. Hy is ook die mede-eienaar van The Curious Kitchen wat in die Boiler Room by die Warehouse Theatre en by JoJo’s vir die kos verantwoordelik is. Hy is ook ’n rubriekskrywer vir The Namibian, Flamingo tydskrif en Travel News Namibia.
Die mense wat in die kombuis vir die betowerende kos sorg, word deur hoofsjef David Thomas opgelei. Hy is in Besancon, Frankryk gebore en het ’n Baccalaureus graad en lisensie in hotelbestuur aan die Instutut Vatel in Lyon verwerf. Na afloop van sy studies, het hy by verskillende plekke in Frankryk gewerk en ondervinding opgedoen. In 2009 het hy na Namibië verhuis en die Lyon des Stables restaurant in Walvisbaai geopen. Hy is vier keer as die Namibiese sjef van die jaar bekroon en het ook in 2013 die Unilever Suid-Afrika Sjef van die Jaar-kompetisie gewen. Thomas het ook twee bronsmedaljes by die Wêreld Sjefsuitdaging gewen.
Thomas was ook die Namibiese “afrigter” van die nasionale Junior Kulinêre Span wat in 2013 en in 2015 die Afrika Kulinêre Trofee gewen het. Hy is ’n lid van die Namibiese Sjefsvereniging en die mede-eienaar van The Curious Kitchen.
Jo-Andri Pretorius sluit by Thomas in die kombuis aan. Sy beskik oor ’n diploma (met onderskeiding) wat sy aan die Prue Leith Sjefsakademie in Centurion, Suid-Afrika verwerf het. In die laaste ses maande van haar studies het sy by The Test Kitchen in Woodstock, Kaapstad gewerk. Dié restaurant is aangewys as Eat Out se Restaurant van die Jaar sowel as die Continental Restaurant-toekennings se beste restaurant in Afrika. Sy het vanaf September 2013 tot August 2014 by die Pierneef a la Motte gewerk voordat sy na Namibië terug gekeer het. Hier het sy by die Taste Academy in Windhoek aangesluit. In 2015 het sy derde geëindig in die Namibiese Junior Sjef van die Jaar-kompetisie en was sy ’n lid van die span wat verlede jaar die Africa Kulinêre Trofee gewen het. Sy het Namibië ook as ’n junior sjef by die Kulinêre Wêreldbeker in Aboe Dhabi verteenwoordig waar sy ’n tweede plek gewen het. Volgende jaar verteenwoordig sy Namibië in Griekeland by die Wêreldbeker-finaal.
Wat JoJo’s nog meer uniek maak is die JoJo’s Apartment-konsep. Hiermee word die restaurant in ’n afgesonderde kamer omskep om ’n intieme atmosfeer te skep vir private funksies.
Die ideale aantal gaste vir dié konsep, is 12 sodat almal rondom ’n groot tafel aansit. Wanneer daar meer as 12 gaste genooi is, dan word daar meer as een tafel opgestel. Hierdie kamer is toegerus met toerusting soos luidsprekers, mikrofone en ’n platespeler en ’n wye verskeidenheid plate wat tydens die spesiale geleentheid geluister kan word.
JoJo’s is in die Ou Brouery-kompleks in Windhoek geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie