Top-vlootoffisier loer glo mense in badkamer af
Een van Nieu-Seeland se top- militêre offisiere staan in Auckland tereg op aanklag dat hy ’n kamera in ’n badkamer vir mans en vroue in die land se ambassade in Washington geplant het.
Oud-kdoor. Alfred Keating (59) was een van die land se mees senior vlootoffisiere voordat hy verlede jaar weens die aantygings bedank het. Hy ontken skuld, berig The Guardian.
Keating was die militêre attaché van die ambassade toe die kamera op 27 Julie 2017 uit die wegsteekplek in die badkamer geval het.
Volgens die polisie is die opnames gemaak van mense wat die toilet gebruik, en is daar nie sprake van spioenasie nie.
Henry Steele, aanklaer in die saak, sê daar is “geweldige sterk forensiese bewyse” en hy het geïmpliseer DNS op die kamera se geheuekaart stem ooreen met dié van Keating.
Steele het gesê daar is 700 lêers op die kamera wat uitgewis is, en 20 bestaande lêers. Dit sluit ’n video in van ’n hand in ’n blou handskoen wat die kamera aanskakel.
Daar is soektogte na Brickhouse Security op Keating se skootrekenaar gekry. Dit is die maatskappy by wie die kamera gekoop is. Daar is ook soektogte gevind na hoe so ’n kamera opgestel moet word.
In hofdokumente word gesê daar was baie stof op die tuisgemaakte platform waarop die kamera gestaan het, wat daarop dui dat dit maande lank daar was, berig die South China Morning Post.
Daar het destyds sowat 60 mense in die ambassade gewerk. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie