Topatlete se prestasies nog maar so-so

Windhoek Hochland Sportklub was die wenners van laas naweek se Top-10 klubkampioenskap.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Vir senior én junior atlete van die Khomasstreek was laas naweek se Khomas Top 10-kampioenskap ’n goeie geleentheid om hul huidige vlak van prestasie te toets in die opbou na die senior nasionale kampioenskap.

Laasgenoemde byeenkoms is vir 22 April op Oshakati bestem. Twee naweke tevore (8 April) sal daar ook ’n streekbyeenkoms op Swakopmund wees.

Die nuus dat nog net drie Namibiërs tot dusver al vir die IAAF wêreldkampioenskap (5 tot 13 Augustus in Londen) gekwalifiseer het, getuig dat die land se atletiek baie aandag nodig het om die prestasies op elite vlak te verbeter.

Die enigste kwalifiseerders tot dusver is die drie marathon-hardlopers Beata Naigambo, Helalia Johannes en Lavinia Haitope.

Atletiek Namibië se president, Erwin Naimhwaka, het aan die nuusagentskap Nampa gesê die vensterperiode vir kwalifisering vir die wêreldkampioenskap is nog tot in Junie oop.

Hy het die hoop uitgespreek dat meer Namibiërs voor die sperdatum sal kwalifiseer.

Naimhwaka het bygevoeg dat geldelike tekorte dalk mag veroorsaak dat Namibië net een atleet Londen toe sal kan stuur. “Die IAAF betaal vir die koste van deelname van een atleet per land, maar as ons intussen die nodige hulpbronne vind, sal ons minstens twee van die drie kwalifiseerders in die vrouemarathon wil stuur.”

Die IAAF laat twee atlete per land in elke item toe.

Geeneen van die land se Olimpiese marathonvroue van Rio 2016 was die naweek in aksie nie, terwyl Mynhardt Kauanivi vir die 5000 meter ingeskryf en derde klaargemaak het.

Van die land se voorste naellopers wat die afgelope jare oefengeleenthede in Jamaika gehad het, was ook nie juis uitermate indrukwekkend nie. ’n Mens sou hoop dat hulle beter op stryk sal raak namate die seisoen vorder.

Die uitslae:

Vroue spankompetisie (13 items): 1 Windhoek Hochland Sportklub (71.5). 2 Golden Cheetah (57). 3 Rehoboth atletiekklub (52.5). 4 Kakadhinwa atletiekklub (20). 5 Welwitschia-77 (18). 5 Nampol Windhoek (18). 5 Windhoek Gimnasium atletiekklub (18). 8 Tsaraxa-Aibes atletiekklub (13). 9 Cattle Country atletiekklub (10). 10 NDF (8).

Mans spankompetisie (14 items): 1 Windhoek Hochland Sportklub (93). 2 Nampol Windhoek (87). 3 Rehoboth atletiekklub (76). 4 Golden Cheetah (32). 5 NDF (31). 6 Namib Lions (27). 7 Tsaraxa-Aibes atletiekklub (18). 8 Cattle Country atletiekklub (17). 9 Namibië Korrektiewe Dienste (14). 10 Windhoek Gimnasium atletiekklub (10). 10 Triomf atletiekklub (10). 12 Welwitschia-77 (4).

VROUE

100 meter: 1 Sade de Sousa (Golden Cheetah) 11.90, 2 Mberihonga Kandovazu (Welwitschia-77) 12.08, 3 Olivia Junias (Nampol Windhoek) 12.50.

200 meter: 1 Mberihonga Kandovazu (Welwitschia-77) 25.22, 2 Sade de Sousa (Golden Cheetah) 25.42, 3 Olivia Junias (Nampol Windhoek) 26.06.

400 meter: 1 Anika van Niekerk (Windhoek Gimnasium) 1:02.42, 2 Silba Tjingaete (NDF) 1:03.77, 3 Chantel Louw (Windhoek Hochland) 1:03.91

800 meter: 1 Rondengudus Gustaf (Kakadhinwa) 2:26.96, 2 Loretha Witbeen (Rehoboth) 2:38.20, 3 Marli Dreyer (geen klub) 2:40.72.

1500 meter: 1 Rondengudus Gustaf (Kakadhinwa) 5:02.23.

400 meter hekkies: 1 Nelia Landsberg (Windhoek Hochland) 1:10.85, 2 Anika van Niekerk (Windhoek Gimnasium) 1:11.12, 3 Marthina Tjauha (Nampol Windhoek) 1:11.62.

Hoogspring: 1 Meriam Minin (Unam) 1.55m, 2 Jennah Oosthuizen (geen klub) 1.45m, 3 Madelein Kotze (Windhoek Hochland) 1.40m.

Verspring: 1 Bianca Manuel (geen klub) 4.92m, 2 Ivone Kooper (Tsaraxa-Aibes atletiekklub) 4.69m, 3 Faith Mudimba (Unam) 4.68m.

Driesprong: 1 Jesse Joseph (Rehoboth) 11.05m, 2 Faith Mudimba (Unam) 10.04m, 3 Mariska Topnaar (Rehoboth) 9.93m.

Gewigstoot: 1 Selma Shilongo (Golden Cheetah) 10.93m, 2 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 10.02m, 3 Arina Gous (Windhoek Hochland) 9.74m.

Diskusgooi: 1 Karlien Botha (Windhoek Hochland) 35.35m, 2 Elize Booysen (geen klub) 31.46m, 3 Selma Shilongo (Golden Cheetah) 28.63m.

Spiesgooi: 1 Shanie Burger (Windhoek Hochland) 32.84m, 3 Selma Shilongo (Golden Cheetah) 28.15m, 4 Estoni Katjiova (geen klub) 25.50m.

MANS

100 meter: 1 Dantago Gurirab (Golden Cheetah) 10.27, 2 Sydney Kamuaruuma (Namib Lions) 10.31, 3 Even Tjiviju (Namibië Korrektiewe Dienste) 10.35.

200 meter: 1 Ernst Narib (Nampol Windhoek) 21.38, 2 Even Tjiviju (Namibië Korrektiewe Dienste) 21.44, 3 Sydney Kamuaruuma (Namib Lions) 21.75.

400 meter: 1 Daniel Nghipandulwa (Nampol Windhoek) 49.97, 2 Basilius Karupu (Nampol Windhoek) 50.52, 3 Valenchio Cloete (Unam) 50.55.

800 meter: 1 Eugene van Kradenburg (Rehoboth) 1:58.22, 2 Venericus Magotsi (Rehoboth) 1:58.55, 3 Arnold Tjihuro (Nampol Windhoek) 2:00.05.

1500 meter: 1 Oskar Komeya (NDF) 4:13.23, 2 John Mwatilile (NDF) 4:26.93, 3 Petrus Kasanga (Namib Lions) 4:55.27.

110 meter hekkies: 1 Timon Dresselhaus (Windhoek Hochland) 14.63, 2 Corné Esterhuizen (Windhoek Hochland) 15.00.

400 meter hekkies: 1 Gian Dresselhaus (Triomf) 58.25, 2 Dennis Orlam (Rehoboth) 59.68, 3 Warren Goreseb (Unam) 1:00.58.

Hoogspring: 1 Coenraad Blaaw (Windhoek Hochland) 1.95m, 2 Renaldo Shaningwa (Windhoek Hochland) 1.95m, 3 Wencuslaus Klaasman (Nampol Windhoek) 1.90m.

Verspring: 1 Gregg Makari (Unam) 6.80m, 2 David Ngishoono (Nampol Windhoek) 6.57m, 3 Ginaldo Kisting (Tsaraxa-Aibes atletiekklub) 6.27m.

Driesprong: 1 Gregg Makari (Unam) 13.51m, 2 Dennis Orlam (Rehoboth) 13.43m, 3 Ginaldo Kisting (Tsaraxa-Aibes atletiekklub) 13.13m.

Gewigstoot: 1 Ryan Williams (Windhoek Hochland) 11.78m, 2 Charlton Rickerts (Rehoboth) 10.84m, 3 Felix Makumbi (Nampol Windhoek) 10.41m.

Diskusgooi: 1 Jens Delport (Windhoek Hochland) 31.17m, 2 Charlton Rickerts (Rehoboth) 29.22m, 3 Finnety Isaac (Unam) 25.57m.

Spiesgooi: 1 Karl Jacobie (Windhoek Gimnasium) 47.17m, 2 Bongani Kheiseb (Cattle Country atletiekklub) 45.14m, 3 Jens Delport (Windhoek Hochland) 43.91m.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!