Topboksers terug; toeskouers nie
Topboksers terug; toeskouers nie

Topboksers terug; toeskouers nie

Boks
Die MTC Nestor Sunshine Boksakademie beoog sy eerste boksgeleentheid agter geslote deure en sonder toeskouers, die eerste van sy soort in Namibië.

Veertien nie-titelgevegte is op 7 November by die Windhoek Buiteklub geskeduleer – die eerste nadat die akademie in Maart sy laaste toernooi weens Covid-19 moes kanselleer.

Nestor Tobias, promotor, sê: “Ons weet ons boksers brand om ná so ’n lang onderbreking weer in die kryt te klim. Hierdie stryd is vir hulle en die ondersteuners, en ook om ’n lang ringroes af te skud wat die boksers gely het omdat hulle onaktief was,” het hy gesê..

“Ons kan ongelukkig nie al ons boksers op die dag kan gee nie, maar ons het ’n volledige kaart om soveel boksers te akkommodeer en beplan nog ’n byeenkoms in Desember.

“Boksliefhebbers sal ongelukkig net die gevegte op televisie mag kyk. Ons is besig met die NBC om die geleentheid regstreeks te beeldsend, asook ander regstreekse dienste te oorweeg.”

“Ons het ’n opwindende van net plaaslike boksers, omdat ons nog nie buitelandse boksers die land mag inbring nie.”

GEVEGLYS (VANAF 15:00)

1 Superkapokgewig: Phillipus Shaanika tn Gerson Vaeta

2 Junior middelgewig: Abed Shikongo tn Sakaria Kleopas

3 Liggewig: Paulus Amavila tn Elso Kalus

4 Supermiddelgewig: Walter Kautondokwa tn NOG Een

5 Veergewig: Sebastian Nathaniel tn Dominicus Weyulu

6 Supervlieggewig: Fillemon Nghitenyanye tn Salatiel Moses

7 Superkapokgewig: Sam Mathews tn Gustaf Petrus

VANAF 21:00

1 Liggewig: Michel Bernard tn Frans Naanda

2 Superkapokgewig: Phillipus (Energy) Nghitumbwa tn Nelle Costa

3 Junior middelgewig: Charles Shinima tn Steven Shimbonde

4 Middelgewig: Paulinus (John John) Ndjolonimus tn Joseph Nghihangwa of Simon Shafodino

5 Junior weltergewig: Harry Simon Junior tn Rafael Iita

6 Weltergewig: Mikka Shonena tn Mendu Kaangundue

7 Junior liggewig: Jeremiah Nakathila tn Immanuel Andeleki

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer