Topdrie-boereworse gekies
Saterdag is die toptwaalf-boereworsfinaliste in Shoprite/Checkers se Champion-Boereworskompetisie se wors vir oulaas beoordeel. Die topdrie-resepte sal nou gekies word en na Suid-Afrika gestuur word, waar die resepte dan in grootmaat gemaak sal word. Van 26 Julie af sal worse A, B en C by alle Shoprite- en Checkers-winkels beskikbaar wees. Die publiek kan dan vir hul gunstelingwors stem. Die wenner sal op 24 September, Nasionale Braaidag, aangekondig word. Die beoordelaars is v.l.n.r: Sanet Prinsloo, Aina Kshuupuklwa, Martin Kobalt, Nicky Nolan en Rina de Bod. Agter staan Martha Nahambi en Phillip Klynsmith. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie