Topgehalte osprodusente vereer
Topgehalte osprodusente vereer

Topgehalte osprodusente vereer

Die droogte asook goeie speenkalfpryse het daartoe gelei dat minder osse vanjaar vir Agra se speenkalfkompetisie ingeskryf is, tog is top gehalte diere steeds ingeskryf.
Elvira Hattingh
Twaalf Namibiese osprodusente het onlangs erkenning en toekennings ontvang vir die produksie van topgehalte osse vir Agra se derde slagoskompetisie.

“Hierdie was ‘n moeilike jaar om osse vir die kompetisie te kry, aangesien baie produsente besluit het om eerder speenkalwers te produseer. Redes hiervoor sluit in die droogte van die afgelope paar jare asook die goeie pryse wat daar tans vir speenkalwers betaal word, het Herman Lintvelt, Agra Veilings se sentrale streeksbestuurder gesê.

“Ons kon egter daarin slaag om altesaam 155 osse vir die kompetisie in te skryf, het Lintvelt gesê en die Agra Veiling-agente MC Human op Gobabis en Tiaan Steenkamp in Windhoek bedank vir hul harde werk. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor die borge, met old Mutual as die hoofborg en Feedmaster; Swavet, Beefcor en Esterhuizen Transport as medeborge.

Agra se slagoskompetisie is in 2016 begin met die doel om aan slagosprodusente die geleentheid te gee om aan ‘n georganiseerde kompetisie deel te neem. Dit bied ‘n platform waar produsente die gehalte van hulle osse teen ander kan meet.

Die kompetisie is tydens vier Agra-veilings in sentrale Namibië aangebied en elke produsent het die geleentheid gehad om twee osse onder hul Vleisraad-produsentenommer in te skryf. Die beoordelaars het die osse as ‘n paar bepunt.

Beeste word op die hoef beoordeel en volgens hul karkasse nadat hulle geslag is. Die totale punt word dan soos volg saamgestel: beoordeling op die hoef dra 40% by, terwyl die beoordeling van die karkas vir 60% van die finale punt sorg.

Lewendige beeste word beoordeel volgens hul ouderdom, vetheid, verspreiding van vet, temperament asook goeie boerderypraktyke soos onthoorning en brandmerke. ‘n paneel van beoordelaars, wat na al die onderskeie veilings gereis het, was verantwoordelik vir hierdie beoordeling.

Alle diere word by Beefcor se slagpale op Okahandja geslag en Petrus Maritz, die Vleisraad se hoof karkasklassifiseerder beoordeel die karkasse.

Hier is die wenners:

Nina

1ste: Phoenix farming van Len de Jager, Nico Weck en Johnnie Hamman

2de: Kobus Human

3de: Wilfried Slaney

Windhoek

1ste: Maike en Henner Wilckens

2de: Hennie Swart

3de: Otongovi Farming van Heinz Grühn

Aub:

1ste:Theuns Johnston

2de: Sakkie van der Merwe

3de: Groenkloof Boerdery van Achiem Helm

Gobabis

1ste: Bertus Calitz

2de: Christie Grobbelaar

3de: Kauert Farming

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!