Topnaars rou oor hoofman Kooitjie
Leandrea Louw - Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het wyle hoofman Seth Kooitjie (65) van die Topnaars-gemeenskap verlede week as 'n leier met toekomsvisie beskryf.
Hoofman Kooitjie het Vrydagoggend omstreeks 00:15 ná 'n asma-aanval op pad hospitaal toe gesterf.
Die minister het Kooitjie se huis besoek om haar medelye met sy vrou en familie te betoon.
Hanse-Himarwa het gesê sy het die nuus van sy ontydige dood gekry toe sy op pad Walvisbaai toe was om ses nuwe klaskamers in te wy, wat deur die dorp se tak van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) gebou is.
“Hy was 'n voorbeeldige leier wat sy mense se belange op die hart gedra het. Hy was een van die leiers wat ek bewonder het. Sy dood is 'n reuseverlies vir ons land.”
Die minister is deur die voorsitter van die Erongostreekraad, mnr. Hafeni Ndemula, die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Immanuel Wilfred, en die voorsitter van die NCCI se Walvisbaai-tak, mnr. Johny Doeseb, vergesel, wat ’n boek van medelye by Kooitjie se huis geteken het.
'n Dringende vergadering van tradisionele Nama-leiers sou Saterdag plaasgevind het.
Volgens die Topnaar-gemeenskap se woordvoerder, mnr. Colin April, sal begrafnisreëlings binnekort aangekondig word.
Kooitjie het sy pa, wyle hoofman Esau Saneseb Kooitjie, in 1980 opgevolg.
Hy was ook voorsitter van die Nama- Tradisionele Leiersvereniging ten tyde van sy dood.
Kooitjie word deur sy vrou, me. Diane Kooitjie, drie kinders, Len, Claudia en Luciano, asook vyf kleinkinders oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie