Topnaars soek groter beheer oor die !Nara
Catherine Sasman - Die Topnaar-gemeenskap wat op die oewer van die Kuisebrivier woon, hoop dat die voorgestelde wetsontwerp op toegang tot genetiese hulpbronne en verwante tradisionele kennis hulle meer beheer oor veral die !Nara-plant sal verseker.
Die portefeuljekomitee vir natuurlike hulpbronne bespreek tans landwyd die wetsontwerp met tradisionele gemeenskappe vir hul insette.
Die wetsontwerp beoog beter beheer oor genetiese hulpbronne en tradisionele kennis en die beskerming van plaaslike gemeenskappe oor hierdie hulpbronne. Dit beoog om meganismes in te stel sodat plaaslike gemeenskappe billik kan deel in winste wat uit die genetiese bronne gemaak word.
Hoofman Seth Kooitjie van die Topnaars het verlede Vrydag op Utuseb gesê ondanks die feit dat die Topnaar-gemeenskap die konsessiehouer vir die oes van die veelsydige medisinale !Nara-plant is, trek die gemeenskap steeds aan die kortste end.
“Ons hulpbronne word misbruik,” het Kooitjie gesê. “Die hoofdoel van die wetsontwerp is om die kommersiële aktiwiteite in die gebruik van genetiese hulpbronne in ’n vrye ekonomie te belyn. Die oorspronklike eienaars van die hulpbronne word egter beroof en die natuurlike bronne word nie volhoubaar gebruik nie.”
Kooitjie het gesê honderde navorsers reis jaarliks deur die Namibwoes-tyn en maak gebruik van tradisionele kennis van die plaaslike gemeenskap oor genetiese bronne, maar kry dan “slegs ‘n bottel koeldrank” as betaling daarvoor.
Die gemeenskap het ook gesê die verfilming van tradisionele kennis moet gereguleer word.
Ingevolge die voorgestelde wetsontwerp sal navorsers behoorlike toestemming van die ministerie van die omgewing en toerisme sowel as tradisionele owerhede moet kry alvorens enige genetiese hulpbronne of tradisionele kennis ontgin word.
Hy het ook gekla dat nie-konsessiehouers van Walvisbaai onwettig die !Nara-plant by die Kuisebdelta oes en !Nara-sade op die kusdorp verkoop.
Daar is ook gerugte dat die !Nara-plant na China gesmokkel is waar ’n poging aangewend was om dit te kweek, hoewel nie met veel sukses nie.
Mnr. Willem Kooitjie, ’n senior raadslid van die tradisionele owerheid, het bygevoeg dat mynbou in die woestyngebied die !Nara-plant be-skadig aangesien geen rehabilitasie aan die natuurlike omgewing gedoen word nie.
“As die !Nara vernietig word, sal dit vir die toekomstige geslagte vir ewig verlore wees,” het hy gemaan.
Die Topnaars sê die Gobabeb Navorsing- en Opleidingsentrum se verslae oor navorsing wat oor die jare daar gedoen is, moet met die plaaslike gemeenskap gedeel word.
Lede van die gemeenskap wou weet of die wetsontwerp enige voorsiening maak vir verliese wat in die verlede gely is.
Hulle het ook gesê dat die mariene hulpbronne ook onder dié wetsontwerp gedek moet word. Kooitjie het gesê ondanks die feit dat die Topnaars die “oorspronklike strandlopertjies” is wat sedert 1624 in die omgewing van Walvisbaai en Swakopmund woon, hulle steeds geen regte oor mariene hulpbronne het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie