Toppresteerders in toerisme vereer

Jessica Botes
Jessica Botes



Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) het Vrydagaand verskeie instansies en uitblinkers in die toerismebedryf tydens 'n ­galadinee op Swakopmund vereer.

Mnr. Albie van Biljon (senior) van Alte Brucke-oord op Swakopmund is aangewys as HAN se persoonlikheid van 2018.

Hierdie spesiale toekenning is deur 'n stigterslid van HAN, mnr. Johnnie Hamman, in 1992 begin.

Een spesiale HAN-lid, wat nie net in sy of haar eie belange opgetree het nie, maar ook in die belang van HAN en die hele toerismebedryf, word elke jaar met dié toekenning vereer.

Tydens die oorhandiging van sy toekenning is Van Biljon geprys vir die moed wat hy getoon het in die aanpak van nuwe projekte en die uitbreiding van die Alte Brucke-oord.

“Hy bly aan die ontwikkeling van toerisme toegewy, hy het die visie gehad om nuwe vorms van akkommodasie te ontwikkel, en met verloop van tyd het hy sy span, gesin en seun daarop voorberei om voort te bou op die sterk grondslag wat hy gelê het,” het HAN in 'n verklaring gesê.

“Ek verdien nie hierdie toekenning nie, dit moet eerder na my gesin en werkers gaan,” het Van Biljon gesê.

Die hotelier van die jaar is mnr. Karl-Heinz en me. Christelle du Toit-Oosthuizen van Taleni Africa Tourism Holdings.

“Hierdie paartjie is nie net die perfekte gashere by een van Namibië se welbekende lodges in die Suide, Sossusvlei Lodge, nie, maar hulle het ook Taleni Africa Tourism Holdings doeltreffend bestuur en verteenwoordig, bekroonde bemarkingsvertonings by internasionale handelskoue aangebied, en is altyd gewillig om insette oor toerisme-geleenthede te lewer,” het me. Gitta Paetzold, HAN se uitvoerende hoof, in 'n verklaring gesê.

Die Namibië toerismepersoonlikheid van die jaar is aan dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren van die N/a'an ku sê Collection toegeken.

HAN meen die Van Vuurens het Namibië met hul ­vriendskapsbande met Angelina Jolie, die kykNET-­program Groen Namibië, vrywilliger­toerisme en die Taste Academy op die wêreldkaart geplaas.

“Hulle het gehelp om ons toerismeproduk te diversifiseer en te verryk deur meer waarde en sprankel daarby te voeg.”



EKO-TOEKENNINGS

Die Eko-toekennings word in die vorm van “blomme” (gelykstaande aan sterre) toegeken.

Die volgende instellings het vyf groen blomme ontvang: Wolwedans Tented Camp, Wolwedans Tented Lodge, Wolwedans Boulders Camp en Wolwedans Private Camp.

Gondwana Damaraland Mopane Camp en Gondwana Kalahari Anib Lodge het vyf blomme ontvang, terwyl NWR Namib Naukluft Lodge, BuellsPort Guest Farm en ­Chameleon Backpackers and Guesthouse vier blomme ontvang het.

NWR Sossus Dune Lodge en NWR Duwisib Castle het twee blomme ontvang.

Die galadinee se tema was “Reisende sirkus” en kunstenaars van Swakopmund en die Evolve Entertainment Company het gaste met vuur- en dansvertonings vermaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!