Topspanne vereer
Topspanne vereer

Topspanne vereer

Hokkie
Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het onlangs sy prysuitdeling by Windhoek Gimnasium in Kleine Kuppe aangebied, waar junior ontwikkelingspanne, wat aan die 2018 Bank Windhoek-ontwikkelingsliga deelgeneem het, vir hul toewyding vergoed is.

Medaljes is aan meisies en seuns in die o.10-, o.12- en o.14-ouderdomsgroepe oorhandig, wat in die A- en B-afdelings gespeel het. St. Paul’s-kollege se o.10-meisies het die A-afdeling gewen, gevolg deur Laerskool Pionierspark. Die o.10-seuns van St. Paul’s was ook baas in die A-afdeling, terwyl Windhoek Gimnasium die tweede plek ingeneem het.

By die o.12’s het Windhoek Gimnasium se meisies die eerste posisie opgeraap met St. George’s Diocesan-kollege wat tweede viool moes speel. Die seuns van Windhoek Gimnasium en Windhoek Afrikaanse Privaatskool raap onderskeidelik die eerste en tweede plekke op.

St. Paul’s-kollege woeker opnuut in die o.14-afdeling, waar sy meisies seëvier en Windhoek Afrikaanse Privaatskool tweede eindig. Die seuns van Windhoek Afrikaanse Privaatskool oorheers die liga met Windhoek Gimnasium wat die tweede posisie inneem.

Dié Ontwikkelingsliga het vanjaar in Junie afgeskop en die laaste wedstryde is middel Augustus afgehandel. Kragmetings is by die velde van Wanderers in Pionierspark en Windhoek Gimnasium gespeel waar die 10 skole wat ingeskryf het se 95 spanne aan hul vernuf geslyp het. Die getal skole en spanne wat vanjaar van die NHU se ontwikkelings-inisiatief gebruik gemaak het, is ‘n nuwe rekord.

Hayley Allen van Bank Windhoek het gesê: “Die Bank Windhoek-ontwikkelingsliga is die breinkind van die NHU. Hul doel is om hokkie in Namibië te ontwikkel deur talentvolle spelers vir die toekoms te slyp. Ten spyte van die gebrek aan toerusting by skole, bly dié liga steeds groei,” het Allen gesê.

Conrad Wessels, adjunkpresident van die NHU, verduidelik die Hokkie-unie se planne.

“Met die hulp van Bank Windhoek is die NHU besig om hokkie weer by skole bekend te stel wat weens die gebrek aan afrigters en toerusting moes stop. Die vennootskap met Bank Windhoek het in 2015 gestalte gekry en nege afrigtingsklinieke vir breiers en spelers is sedertdien in sewe streke aangebied.

“Ons wil die spelers en spanne wat gewen het, geluk wens, asook al die deelnemende skole vir die fantastiese vertonings bedank wat hulle gelewer het. Baie dankie aan Bank Windhoek wat hierdie kompetisie moontlik gemaak het,” het Wessels gesê.

Uitslae vir B-afdelings:

o.10-afdeling. Meisies: 1 St. Paul’s-kollege, 2 St. Paul’s-kollege B-span. Seuns: 1 Windhoek Gimnasium, 2 St. Paul’s-kollege.

o.12-afdeling. Meisies: 1 St. Paul’s-kollege, 2 Windhoek Afrikaanse Privaatskool. Seuns: 1 St. Paul’s-kollege, 2 Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

o.14-afdeling. Meisies: 1 Laerskool Namutoni, 2 Primêre Skool Eros. Seuns: 1 Primêre Skool Namutoni, 2 Laerskool Eros.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!