Toptennisspeler glo by knoeiery betrokke
Tennis
Meer as 135 tennisspelers, wat ’n top-30-manspeler insluit, is glo betrokke in ’n knoeieryskandaal volgens Die Welt, ’n Duitse publikasie, en ZDF, ’n TV-kanaal van dié land.
Die top30-speler wat verdink word, het drie ATP-titels agter sy naam. Volgens ’n gesamentlike verslag deur die Duitse koerant en uitsaaier, ondersoek die FBI en Europese owerhede die beweringe.
’n Belgiese aanklaer, Eric Bisschop, het aan ZDF gesê ’n Armeense mafia-netwerk werksaam in sewe Europese lande word met die knoeiery verbind.
ZDF en Die Welt het ook gepraat met die voormalige Argentynse speler Marco Trungelliti, ’n hokaairoeper wat beweer dat hy deur die knoeiers genader is.
“Daar is beroepspelers onder die wêreld se voorste 50 spelers wat wedstryde beknoei het. Dit gebeur op alle vlakke,” het Trungelliti gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie