Tories oorstuurs oor nuwe bedmaat
Die toekoms lyk nie goed vir die Britse premier, Theresa May, wie se swakhede in die verkiesing blootgelê is nie.
Die Britse premier, Theresa May, veg vir haar politieke lewe nadat twee van haar nabye raadgewers bedank het en ongemak binne haar eie party groei oor die feit dat hulle nou op die steun van 'n klein Ierse party moet staatmaak om te regeer.
May se raadgewers, Nick Timothy en Fiona Hill, het albei bedank nadat hulle die teiken geword het van die Tories se woede ná 'n verkiesing waarin die party se parlementêre meerderheid van 17 setels uitgewis is en May se swakhede blootgelê is.
Sy het reeds aangedui dat haar vyf mees senior ministers hul kabinetsposte gaan behou, hoewel min van hulle openlik hul steun vir haar verklaar het sedert die week se fiasko.
Woede in Tory-geledere is aanvoelbaar, met baie van hulle ongemaklik met die plan om 'n alliansie te vorm met die Demokratiese Unionisteparty (DUP), 'n konserwatiewe Noord-Ierse party met 10 setels wat gay huwelike en aborsie teenstaan.
Ruth Davidson, die lesbiese leier van die Skotse konserwatiewes, het Vrydagaand reeds haar ongelukkigheid hieroor uitgespreek en gesê daar is sekere dinge wat vir haar “meer as haar party tel”.
Vroeër het May se voormalige kommunikasiehoof 'n brutale aanval geloods op die premier se vertroue in haar twee personeelhoofde en haar onvermoë om byval te vind by kiesers of die res van die party.
“As jy daardie swakhede het, dan huur jy mense wat hierdie dinge vir jou kan doen,” het Katie Perrior in 'n onderhoud met BBC-radio gesê. In plaas daarvan het May mense aangestel wat presies dieselfde gebreke het.
In 'n uiters kritiese artikel in The Times beskryf Perrior sommige idees van Hill as “batshit crazy”.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie