Tot 20% moet graad 1 herhaal
In streke met groot landelike gemeenskappe bereik slegs 2% van leerlinge 'n gevorderde vlak van wiskunde.
Henriette Lamprecht
Tussen 19,8 en 21,8% van Namibiese graad 1's moes in die afgelope sewe jaar hul eerste skooljaar herhaal.
Vir graad 5- en graad 8-leerlinge was die herhalingskoers 30%.
Daarmee saam verlaat sowat 30% van graad 10-leerlinge, sowat 7% van graad 9- en 8% van graad 8-leerlinge die skoolbanke.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sê voorts plaaslike graad 6-leerlinge se uitslae plaas die land negende uit 13 lande wat prestasie betref.
Dié syfers is vervat in die Konsortium vir die Monitering van Onderrigkwaliteit vir Suidelike en Oostelike Afrika en is by 'n werksessie in Windhoek, wat op vroeë kinderontwikkeling fokus, deur Hanse-Himarwa bekend gemaak.
Leesvaardighede het effens verbeter, maar in streke met groot landelike gemeenskappe soos die Kavango-, Omaheke-, Ohangwena- en Omusatistreek bereik slegs 2% van leerlinge 'n gevorderde vlak van wiskunde.
Slegs in streke soos Erongo en Hardap bereik meer as 15% van leerlinge dié vlak.
'n Soortgelyke neiging is waargeneem met graad 10- en graad 12-uitslae waar minder leerlinge D- of laer simbole behaal het.
Volgens 'n omvattende ontleding wat in 2015 deur Unicef gepubliseer is, was 103 768 plaaslike kinders van skoolgaande ouderdom in 2011 nie op skool nie. 'n Verdere 99 200 het die risiko geloop om die skoolbanke te verlaat.
Volgens Hanse-Himarwa hou dié risiko's verband met 'n gebrek aan ondersteuning van ouers, tienerswangerskappe, afstande wat tussen die huis en die skool afgelê moet word, armoede en werkloosheid, leergebreke en die herhaling van grade, gestremdhede, sowel as 'n gebrek aan water en sanitasie.
Die minister sê voorts met 'n verbeterde grondslagfase van preprimêr tot graad 3, en, soos die nuwe leerplan vereis, met voldoende voeding, stimulasie, sorg en ondersteuning, kan die gehalte van dié fase aansienlik verbeter.
“N$52 miljoen van die fondse in die halfjaarbegrotingsbesnoeiing is eweredig tussen die streke verdeel vir die uitbreiding van toegang tot die preprimêre fase,” het Hanse-Himarwa gesê.
Sowat N$2 miljoen is ook toegeken vir die aankoop van ondersteuningsmateriaal vir onderwysers en leerlinge van spesiale skole.
Die minister het gesê baie kinders met gestremdhede word nie vroeg genoeg geïdentifiseer om die nodige vroeë ingrypings te ontvang nie, wat beteken hulle word agtergelaat.
“Kinders sonder geboortesertifikate word steeds toegang tot onderrig geweier, terwyl kinders van arm en kwesbare gemeenskappe met leë mae na sentrums vir vroeë kinderontwikkeling gaan.”
Hanse-Himarwa het gesê die gaping in die ministerie se diensverskaffing met betrekking tot gehalte en toegang moet verklein word.
Toegang tot vroeë onderrig het in 2011-'12 van 17 000 tot meer as 40 000 kinders gestyg, wat onderrig in meer as 1 800 klasgroepe ontvang het.
Hoewel dit nie die helfte is van alle geskikte vyf- tot sesjariges nie, is die ministerie daartoe verbind om dit oor die volgende vyf jaar tot 80% te verhoog.
Die minister het voorts gesê die belegging in vroeë kinderontwikkeling bly onvoldoende en behoort 'n nasionale en wêreldwye prioriteit te wees.
“Vroeë kinderontwikkeling is die sleutel om ten minste sewe van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) vir armoede, honger, gesondheid, onderrig, geslag en sanitasie, sowel as ongelykhede in alle sektore te bereik.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie