Tot 230 kinders jaarliks met kanker gediagnoseer
Tot 230 kinders jaarliks met kanker gediagnoseer

Tot 230 kinders jaarliks met kanker gediagnoseer

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Gemiddeld vier tot vyf kinders word weekliks met kanker in Namibië gediagnoseer, met ’n gemiddeld van 230 kinderkankergevalle wat tans jaarliks in die land aangeteken word.

Leukemie is oor die algemeen die kanker wat die meeste by kinders in Namibië gediagnoseer word, maar hoë getalle van breingewasse en retinoblastoom kom ook voor.

Van die waarskuwingstekens vir kanker by kinders sluit in chroniese rooi oë, ’n stamp of kneusplek wat nie genees nie, voortdurende pyn en koors en moegheid.

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het gister op Wêreldkankerdag hom by die res van die wêreld aangesluit om veral die fokus op kanker onder kinders te laat val.

CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, het beklemtoon ondersteuning vir kinderkanker is noodsaaklik omdat dit die hele gesin raak.

“Ons sien dikwels dat veral wanneer een kind gediagnoseer is en die fokus so sterk op hom of haar is, die ander kinders emosioneel onttrek, jaloers raak en soms aggressie en rebellie toon,” het Hansen gesê. Berading met die ander familielede is daarom noodsaaklik.

CAN het die CHICA Tydelike Tuiste geskep vir kinders buite Windhoek wat behandeling in die hoofstad moet ontvang om hier gehuisves te kan word. Saal 8 Wes, die pediatriese onkologiesaal by die Windhoek Sentrale Hospitaal is ook onlangs teen ’n koste van N$350 000 opgeknap. Pasiënte en hul gesinne kan ook vir ondersteuning aanklop by die Familie-ondersteuningsentrum en Standard Bank Sirkel van Hoop-programme wat in samewerking met CAN psigo-maatskaplike en finansiële ondersteuning bied.

Hansen het gepleit vir die reg tot ’n vroeë en voldoende diagnose van kanker in kinders, die reg tot lewensreddende medikasie en gepaste, hoë gehalte mediese behandeling en nasorg.

“Terwyl dit ondenkbaar in ontwikkelde lande is, is die skokkende werklikheid in lae- tot middel-inkomstelande dat kinders met kanker ’n uiters pynlike dood sonder enige ondersteunende sorg of pynbestuur sal sterf.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!