Tot 39% kan nie voedsame kos bekostig
In Namibië kos 'n voedsame dieet, soos deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aanbeveel, maandeliks sowat N$3 131 vir 'n huishouding van vyf mense.
Elvira Hattingh – Twee uit elke vyf Namibiese huishoudings kan nie 'n voedsame dieet bekostig nie, terwyl 9% van huishoudings nie genoeg kos kan bekostig om selfs in hul daaglikse energiebehoefte te voorsien nie.
Me. Rachael Mhango, 'n voedingskundige verbonde aan die Wêreldvoedselprogram (WFP), sê 'n opname hieroor is onlangs in Namibië van stapel gestuur.
Sy het die opmerkings tydens 'n nasionale gesprek oor die voedselstelsel in Namibië gemaak, wat ter voorbereiding van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselstelselberaad in September begin het.
Volgens die opname Nutrient Gap Findings, sal 'n voedsame dieet, soos deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) aanbeveel, maandeliks sowat N$3 131 vir 'n huishouding van vyf mense kos. Huishoudings bestee egter tans sowat N$1 242 per maand op kos, en tot die helfte hiervan gaan aan graanprodukte.
Boonop is voedselpryse in die Suide duurder as die Noorde, wat ook beteken minder mense in die Suide kan kos bekostig.
Mhango het gesê 'n dieet wat slegs in 'n huishouding se energiebehoeftes voorsien en nie noodwendig voedsaam genoeg is nie, sal tussen N$20 en N$68 per dag kos, afhangende waar in Namibië hulle woon.
Voedsame diëte sal in Namibië tussen N$62 en N$246 per dag kos – iets wat tot 39% van Namibiërs nie kan bekostig nie en wat tot 300% duurder is as 'n dieet wat slegs in energiebehoeftes voorsien.
KINDERS
Mhango sê die opname het getoon slegs een uit elke agt kinders ontvang die korrekte verskeidenheid van kos, asook gereeld genoeg daarvan. Tot 41% van Namibiese kinders ontvang nie gereeld genoeg kos nie en ook nie 'n groot genoeg verskeidenheid daarvan nie.
Net 41% van kinders ontvang die minimum aantal etes per dag, terwyl 13% van kinders tussen die ouderdom van ses en 23 maande die minimum aanvaarbare dieet ontvang.
Sy sê die feit dat vroue baie hard werk en dat voedsel of 'n verskeidenheid van voedsel moeilik toeganklik is, dra daartoe by dat kinders se diëte nie voldoende is nie. Plaaslik is die aanbevole diëte vir adolessente meisies en vroue wat swanger is of borsvoed, die duurste.
NAMIBIËRS SE DIEET
Die hoeveelhede vrugte en groente per persoon wat in Namibië beskikbaar is en geëet word, is veel minder as die daaglikse inname wat deur die WHO aanbeveel word.
Mhango sê die WHO beveel aan dat persone daagliks sowat 400 gram hiervan eet, maar dat daar plaaslik net sowat 158 g vrugte en groente per persoon beskikbaar is en mense gemiddeld daagliks net 99 g hiervan eet.
Boonop is die inname van kosse wat ryk is aan proteïen en mikrovoedingstowwe ook laer as die WHO se voorgestelde hoeveelhede. Na raming drink Namibiërs daagliks net sowat 51 g melk, teenoor die voorgestelde 435 g en ook net 35 g graankosse, teenoor die voorgestelde 125 g. Namibiërs eet daagliks ook sowat 18 g rooivleis, terwyl die WHO aanbeveel dat mense 22,5 g moet eet. Ons inname van neute, sade en bone is ook net 42 g, teenoor die aanbevole 60 g.
Boonop het persone in dorpsgebiede toegang tot 'n veel groter verskeidenheid van voedsel.
AANBEVELINGS
Mhango het onder meer aanbeveel publieke-private-vennootskappe behoort aangegaan te word om die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van voedsame kos deur markte te verseker, terwyl toegang tot gesonde, voedsame kos in die suide van die land deur klimaatslim-landbou bewerkstellig moet word.
Nog maniere om die saak te beredder, sou wees om bio-verrykte kosvariëteite 'n prioriteit in produksie te maak en die lys van kos, wat belastingvrystelling geniet, te vergroot.
“Ondersteun en versterk ook voedselproduksie en die skakels tussen bestaansboere in landelike gebiede en verbruikers of markte,” het sy gesê.
“Verder moet aktiwiteite wat mense kan help om 'n inkomste te genereer en ook kos te verbou, aangemoedig word. Dit sluit in om tuin te maak en hoenders aan te hou,” het Mhango gesê.
– [email protected]
FOTO
Voedsame diëte, soos voorgeskryf deur die WHO, sal in Namibië tussen N$62 en N$246 per dag kos. FOTO PIXABAY.COM

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie