Tot ons weer sien, kleinnooi
PEDRO VORSTER SKRYF:
Eulogie vir Nanette Hibbert neé Vorster:
18 Oktober 1982 - 30 September 2019
My kleinnooi is in ‘n nartjie, my ouma in anys. Die toekoms en verlede word so vermeng tot een. Nanette, gebore in Windhoek, was egter ‘n fyn woestynblom omhul met die geur van viooltjies.
Maar sy sal altyd kleinnooi bly, nooit ouma word nie.
Sy was diep gelowig en ‘n pragtige gees. ‘n Ware Jesusdissipel. Orals in haar huis in Ardersier, Skotland is daar tekens van ‘n liefdevolle ma en Christen. Haar geloof het haar gelei en daarom lewe sy nou in ewigheid.
Maar sy was ook filmster mooi en erf gelukkig haar ma se besondere mooi bene. Sy was delikaat maar tog gehard, met ‘n gedetermineerde streep.
Sy was ons sieraad.
Haar gewildste kleur was pers en daarom het sy gou lief geword vir die Skotse Hooglande se heidevelde. Ons enigste dogter en suster was ‘n sagte bries, ‘n fluistering. ‘n Mens moes aandagtig na haar luister, of die oomblik was onherhaalbaar verby.
Met haar geboorte het sy nie hard gehuil nie. Selfs in haar stryd teen kanker het sy min gekla, net saggies moeg geword ten einde, asof sy ons die pyn van magteloosheid wou spaar. Rus nou sag. Eendag, sommer gou, hoor ons jou stem duideliker.
Nadat sy aan Stellenbosch Universiteit die graad Honneurs Baccalarius in die Natuurwetenskappe verwerf het (2004) het sy op reis gegaan. Sy maak Skotland haar land en bou sodoende ‘n brug tussen twee vastelande; verbind Afrika só met Brittanje. Sy het passievol lief geword vir die groen Skotse landskap en geniet dit om gereeld in die waterryke woude te gaan stap met haar man Hamish en kinders.
Sy was whatsapp naby en Skotland ver. Dae ver.
Callum en Euan, haar seuntjies, is haar nalatenskap aan ons. Ardersier, haar Skotse kusdorpie, wou sy hare maak en die gemeenskap het hulle diep ter harte geneem.
’n Ywerige reisiger, toer sy graag van Ierland tot Kambodja, van die Orkney-eilande tot Nieu-Seeland, Kaapstad tot Kroasië, van Ierland tot Italië. Die mense wat sy ontmoet, onthou haar.
Ná die tyding van haar afsterwe is van dwarsoor die wêreld betonings van medelye ontvang. ‘n Australiese vriendin, haar een strooimeisie, kom halfpad oor die aardbol om haar die laaste eer te bewys.
Nanette het nou haar verste reis huis toe alleen aangepak.
Here, versorg ons enigste dogter en suster.
Tot weersiens.
Pappa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie