Tot siens, Tatekulu
Namibië en die internasionale gemeenskap het die naweek afskeid van die oudpolitikus en baanbreker van die bevrydingstryd, mnr. Andimba Toivo ya Toivo, geneem.
Estelle de Bruyn - 'n Held, 'n beginselvaste man, 'n mens wat teen gierigheid, korrupsie, selfverheerliking gestaan het, iemand wat gekenmerk is deur integriteit en eerlikheid.
Só het spreker na spreker Vrydag tydens die roudiens by die Onafhanklikheidstadion die ikoon van die bevrydingstryd, mnr. Andimba Herman Toivo ya Toivo, beskryf. Hy is op 9 Junie op die ouderdom van 92 jaar oorlede.
By die luisterryke geleentheid het die voormalige eerste minister, mnr. Nahas Angula, ‘n oorsig oor Ya Toivo se lewe gegee en daarop gewys dat hy geen tyd vir stamgebondenheid gehad het nie en 'n afkeer in gierigheid en korrupsie. In die woorde van sy dogter, Nashikoto ya Toivo, was haar pa 'n mens wat geregtigheid en regverdigheid nagestreef het.
Huldeblyke is onder andere deur afgevaardigdes van die Namibië-Kuba-vriendskapsvereniging, die Kommunistiese Party van Kuba, die Namibië Robbeneiland Politieke Gevangene-trust, mnre. McHenry Venaani van die DTA, Nangolo Mbumba van Swapo, oudpres. Sam Nujoma en oudpres. Hifikepunye Pohamba gelewer.
In sy boodskap het pres. Hage Geingob gesê Ya Toivo se duursame beginsels en onuitputlike reservoir van meelewing, vergifnis, geduld en begrip van geregtigheid het hom in staat gestel om nooit in die troebel water van geldgierigheid of faksievorming te verval nie. Sy lewe het die kern-ideale uitgebeeld van wat Namibië ‘n nasie maak.
Hy het die hoop uitgespreek dat Ya Toivo se dood Namibiërs weer op koers sal kry om ‘n Namibië waarop Ya Toivo trots sou wees, te verwesentlik.
“As Namibiërs en roubeklaers moet ons uit sy krag van vergifnis en eenheid put,” het Geingob gesê.
Hy het hom as ‘n “vryheidsvegter van onderskeiding, ‘n patriot en die draer van die etos van Suider-Afrika se lang en bitter stryd vir onafhanklikheid” beskryf.
Hy was ook ‘n getroue eggenoot, toegewyde vader, ‘n man voor sy tyd, halsstarrig, beginselvas, vreesloos, onselfsugtig en iemand wat leuenaars en diewe gehaat het.
“Toivo is die Finse naam vir 'hoop' en Andimba Toivo ya Toivo was inderdaad ons baken van hoop,” het Geingob gesê.
Hierbenewens het hy die weg gebaan vir die massabewing met die mandaat om Namibiërs te verenig om teen ‘n gesamentlike vyand te veg.
Een van die aanhalings van Ya Toivo wat herhaaldelik deur sprekers tydens die roudiens aangehaal is, kom uit sy getuienis tydens sy verhoor in die Pretoria-hooggeregshof in 1958: “Ons sal nie nou of in die toekoms julle (Suid-Afrika) se reg om ons te regeer, erken nie; om vir ons wette te maak waarin ons geen inspraak het nie; om ons land te behandel asof dit julle eiendom is en ons asof julle ons meesters is nie.”
“Kameraad Andimba se woorde het verby die arena van die hof gegaan en buite die vasteland weerklink en die wil en oortuiging van die mense van Afrika vir ‘n Afrika, vry van kolonialisme en die argitektuur van onverdraagsaamheid, rassisme en onderontwikkeling vasgevang."
Die tema van die naweek se verrigtinge, Vrydag se roudiens en die ter aarde bestelling Saterdagoggend by die Heldeakker was 'n viering van 'n nasionale held se lewe, eerder as 'n roubeklaging. Dit was 'n herinnering aan die goed en die edel wat Ya Toivo vergestalt het en 'n wekroep vir waartoe Namibiërs in staat is.
By die Heldeakker het ‘n gewyde atmosfeer geheers toe Ya Toivo se oorskot by dié van sy strydkamerade Tobias Hainyeko, Peter Mwashihange, Mazton Joseph Mutongulume, Dino Hamaambo en ander ter ruste gelê is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie