Touleiers ‘touwys’ gemaak
Kenners het aan touleiers vertel hoe om hul beeste te hanteer en ook gesê ’n bees moet hanteermak wees.
“’n Goeie touleier trek nie ’n bees aan die neusring terwyl hulle loop nie, hanteer die bees kalm en rustig en weet hoe om hom op sy mooiste te laat vertoon.”
Barend Dorfling, ’n keurder, het gister gesê touleiers moet veral daarop let om ’n bees nie aan die neusring te trek terwyl hulle loop nie, want dan loop die bees ongemaklik en beoordelaars kan die dier daarvoor penaliseer.
“’n Goeie touleier se bees loop gemaklik langs hom en hy hanteer die bees met gemak en rustigheid. Sodra hulle voor die beoordelaars gaan staan, weet die touleier hoe om uit die pad te staan sodat die bees mooi gesien kan word.
“Die afstand wat tussen beeste gehandhaaf word, is ook belangrik - veral as hulle in groepklasse van 3-3 of 5-5 loop. Hou die afstand, anders lyk dit later of dit ’n klas van ses of meer diere is.
“Soms wil party beeste nie voor loop nie omdat hulle op die plaas gewoond is om agter te loop en ander te volg. In so ’n geval ruil ons die bees om dat hy agter ’n ander een kan stap.”
Dorfling het ook gesê dit is belangrik dat touleiers nie probeer om ’n bees se voor- en agterpote so ver as moontlik uitmekaar te plant en sodoende die persepsie probeer skep dat die dier lank is nie. Volgens hom veroorsaak dit dan dat die bees se toplyn nie goed lyk nie.
Laastens het hy ook gesê dis belangrik dat eienaars van die beeste nie vir die touleiers instruksies van die kant af moet skree nie.
“Die oomblik as touleiers in die ring tree, moet hulle toegelaat word om hul werk te doen en net vir die ringebampte luister. Anders raak dit verwarrend,” het Dorfling gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie