Tour de Windhoek terug met 'n knal
Tour de Windhoek terug met 'n knal

Tour de Windhoek terug met 'n knal

Padfietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die 2022 Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek sal van 17 tot 20 Februarie aangebied word, is gister aangekondig.

Nadat Drikus Coetzee en Michelle Vorster in 2020 die laaste Tour de Windhoek gewen het, is dié padfietsresies nie verlede jaar aangebied nie. Die verwagting is nietemin dat van Suid-Afrika se professionele spanne ook weer hul terugkeer sal maak vir die vierdaagse aanslag op 400 kilometer en ses skofte binne vier dae.

“Blootstelling teen jaers van Suid-Afrika sal vir ons topjaers baie goeie en nodige blootstelling gee in hul opbou na die Statebondspele en Olimpiese Spele,” het Hans du Toit, die nasionale fietsry-afrigter, gister gesê.

Op die eerste dag sal mans- en vrouespanne aan 'n 3 km resies deelneem om die draer van die geel trui te bepaal. Die Vrydag sal spanne by die Dordabispad jaag en later vir 'n spantydtoets aantree. Op die Saterdagoggend vind die resies by die Matchless-pad plaas. Saterdagnamiddag kom die kermesse (naelrit) vanaf Megabuild rondom Snymansirkel tot weer by Megabuild aan die beurt.

Op die laaste dag (Sondag) vind die finale resies by die Von Bachdam se pad plaas. Die vrouetoer word net oor 'n totaal van 210 km beslis, wat ook in ses skofte oor vier dae verdeel word.

PRYSGELD

Spanne van ses mans en vyf vroue sal deelneem, terwyl individuele ryers in die spanne vir 'n eerste plek en N$8 000 in die ope-afdeling sal meeding.

Die koning van die berge, beste naelryer en beste jong ryer sal onder­skeidelik N$3 000 vir 'n eerste plek verdien, N$2 000 vir tweede of N$1 000 vir derde.

Die algehele wenspan kry 'n rapsie meer (N$4 000) as die tweede of derde spanne (N$3 000 en 2 000).

In die ope-afdeling is die individuele tweede en derde plekke ­onderskeidelik N$5 500 en 4 000 werd.

Dieselfde bedrae prysgeld is vir die mans en vroue van toepassing. Dit kos N$5 000 vir spanne om in te skryf.



MINDER GESOUT

Vir die minder ernstige entoesiaste word die Tour de Windhoek Light-ervaring oor 210 km aangebied. Hulle sal net vier skofte oor drie dae ry.

Die TdW Light-ryers betaal N$500 vir deelname.

Individuele kategoriewenners kan N$1 500, N$800 en N$500 vir die eerste, tweede en derde posisies verdien. Die kategorieë is ope (mans en vroue), o.14-seuns, o.16-seuns en -meisies, juniors (17-18 jaar), subveterane (30-39), veterane (40-49), meesters (50-59) en die grootmeesters (60 en ouer).

FOTO
Drikus Coetzee, wenner van die 2020 Tour de Windhoek-padfietstoer, dra die geel trui op die laaste dag van dié byeenkoms. Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!