Tour-wentjek steek af by ander sporte
Padfietsry
Chris Froome het Sondag €500 000 (sowat R7,5 miljoen) ontvang vir sy oorwinning in die Tour de France – 'n aantreklike bedrag, maar kleingeld in vergelyking met die verdienste van die voorste name in ander sportsoorte.
Volgens tradisie moet die Brit sy wentjek met sy Team Sky-kollegas deel. Dit sluit nie net die ander fietsryers in nie, maar ook die meganikusse, die sjef, die soigneurs (wat help met ondersteuning, oefening, masserings en so meer) en selfs die bestuurders van die spanbusse.
Roger Federer het 'n week tevore £2,2 miljoen (byna R37 miljoen) vir sy Wimbledon-titel verdien – nadat hy in totaal 11 uur en 37 minute op die tennisbaan deurgebring het. Dit is £3 156 per minuut.
Die Amerikaner Jordan Spieth, wat Sondag die Britse Ope beklink het, het $1,84 miljoen (meer as R23,7 miljoen) vir sy vier rondes gholf by Royal Birkdale verdien.
Sokkerspelers in Brittanje word gereeld meer as £150 000 (sowat R2,5 miljoen) per week betaal, met Manchester United se Franse middelveldspeler Paul Pogba wat glo £290 000 (byna R4,9 miljoen) per week verdien.
Froome is die hoogs betaalde fietsryer in die peloton en verdien 'n miljoenêr se salaris as Team Sky se baas op die paaie. Sy prysgeld vir 'n uitmergelende ren van 21 dae dwarsoor Frankryk is egter laag in vergelyking met die wenners in ander sportsoorte, veral wanneer jy in ag neem wat Froome moes deurmaak om die mededingendste Tour in jare te beklink.
Froome (32) het 3 540 km oor 21 dae gery en boonop 'n lelike ongeluk oorleef. Hy het ongeveer €5 800 (sowat R87 000) verdien vir elk van die 86 uur wat hy op die saal deurgebring het en 'n addisionele €500 (sowat R7 500) vir elke dag wat hy die geel trui gedra het.
Daar is verskeie wyses waarop deelnemers 'n paar ekstra euro in die Tour kan verdien – en weer eens word dit tussen die spanlede gedeel.
Michael Matthews, wenner van die puntetrui, het €25 000 (sowat R380 000) vir sy Sunweb-span verdien en dieselfde som tussen hulle verdeel vir Warren Barguil se polkakoltrui wat hy as koning van die berge verower het.
Skofseges was €11 000 (sowat R120 000) werd en die kleiner spanne, desperaat vir publisiteit en ekstra inkomste, het ryers uitgestuur in daaglikse wegbreekpogings met die hoop om bykomende prysgeld te wen.
Tussentydse naelloopseges was €1 500 (byna R23 000) werd en ryers wat eerste tot by die kruin was, het ook vergoeding ontvang, hoewel €800 (R12 000) om eerste bo by 'n monster soos die Col d'Izoard (2 360 m) in die Alpe uit te kom skaars as vrygewig beskou kan word.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie