Toutrekkery oor ErongoMed duur voort
Die verkoop van aandele ter waarde van N$23,3 miljoen aan Eos Capital se Allegrow-fonds het enige vertroue verbrokkel wat die huidige aandeelhouers in mekaar gehad het.
Jemima Beukes – Toe aandeelhouers van die Erongo Medical Group (EMG) jare terug saam die sakewêreld betree het, sou hulle nie kon voorspel dat hul vennootskap sou verbrokkel en ’n hofstryd om eienaarskap van die land se grootste privaat gesondheidsorggroep tot gevolg sou hê nie.
Kort nadat die nuus in Mei bekend geraak het dat een van die aandeelhouers, dr. Tshali Ithete, vyf van sy mede-aandeelhouers hof toe gesleep het in 'n poging om 'n multimiljoen-aandeelverkoping te keer, het sy vennote verenig en die hof meegedeel dat hulle die aansoek sal teenstaan.
Die vyf wat Ithete die stryd sal aansê, is die Brian Douglas Family Trust, die Pitout Family Trust, die Mathias Braune Family Trust en drs. Hofmeyer Viljoen en Chris Wessels Fourie.
In sy beëdigde verklaring, wat hy deur sy onderneming Diversified Medical Investments ingedien het, beweer Ithete EMG het 510 aandele ter waarde van N$23,3 miljoen aan Eos Capital se Allegrow-fonds verkoop – glo sonder om behoorlike prosedures te volg. Volgens hofdokumente is die koopprys teen N$45 698 per aandeel vasgestel.
I Care Africa, die Allegrow-fonds en Diversified Medical Investments is die grootste aandeelhouers in EMG.
Ithete het gesê die aandele is verkoop ondanks die belangstelling wat hy daarin uitgespreek het. Hy het aangevoer die EMG-aandeelhouersooreenkoms maak voorsiening daarvoor dat aandeelhouers eerste voorkeur geniet om beskikbare aandele te koop voordat dié aandele aan derde partye verkoop word.
In hofstukke wat Dinsdag ingedien is, betwis die groep die bewering dat trustees verplig was om aandele eerste aan een van die vennote aan te bied, en sê 'n ooreenkoms is in November 2007 tussen aandeelhouers bereik.
NIE ’N KOOPAANBOD
Die verweerders het gesê die ooreenkoms het geen regte of verpligtinge behels nie, aangesien Ithete se aanbod slegs e-poskorrespondensie was en nié 'n koopaanbod nie.
Hulle het ook aangevoer hierdie aanbod is in elk geval nie deur enige van die aandeelhouers goedgekeur nie.
Hulle het Ithete se bewering dat ‘n aanbod vir 'n tydperk van 14 dae onherroeplik sou wees – sou ‘n aandeelhouer hul aandele aan 'n bestaande aandeelhouer aanbied – verwerp.
Hulle het verder sy bewerings ontken dat EMG 76 aandele teen 'n koopprysaanbod deur Eos Capital aangebied het, asook dat die Matthias Braune Family Trust 74 aandele aan Eos Capital aangebied het.
Só ook sy bewering dat Viljoen 86 aandele te koop aangebied het in reaksie op Eos Capital se aanbod om aandele in die eerste verweerder (die Brian Douglas Family Trust) te koop.
EMG ontken dat dit ’n skending was van die ooreenkoms wat op 24 September 2020 tussen Diversified Medical Investments en die ander aandeelhouers aangegaan is.
Hulle het die hoërhof versoek om Tshali se aansoek, mét koste, van die hand te wys, insluitend vir een opdraggewende prokureur en twee opdraggewende advokate.
Die privaat gesondheidsorggroep besit die Welwitschia-hospitaal op Walvisbaai en het belange in onder meer radiologie en telemedisyne. Dit bedryf ook die Ongwediva Medipark en Medixx Beroepsgesondheidsdienste. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie