Tov goed op volhoubare koers
Tanja Bause
Die Tov Evergreen Farm is sowat 10 km buite Tsintsabis op 10 hektaar geleë.
Dié liefdadigheidsorganisasie vir MIV/vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb, is in 2001 deur eerw. Edward Amadhila geopen. Drie jaar later het die regering die hervestigingsplaas Oerwoud aan die organisasie toegeken.
In die vier tonnels word vier verskillende soorte spinasie geplant wat die Tov-sentrum op Tsumeb gebruik en vars verkoop. Mnr. Peter Kamenje droog ook baie van die geoeste spinasie en verpak dit in kleiner sakkies om te verkoop.
“Die gedroogde spinasie hou baie langer en kan byvoorbeeld by skole geberg word. Dit word gewas en in ''n bietjie water gekook. Dit kan gebruik word om die regering se voedingskema wat hoofsaaklik uit mieliepap bestaan, aan te vul,” het Amadhila gesê.
In oestyd stel Tov San-vroue uit die omgewing aan om te help met die oes en verwerking daarvan.
“Sodoende gee ons hulle ''n klein inkomste. Hulle is op die oomblik net tydelik in diens wanneer ons hulle nodig het, maar hopelik sal dit verander soos die plaas uitbrei.”
Die afgelope drie maande het Amadhila mense van Tsumeb op die plaas gehad wat nóg ''n stuk grond ontbos en skoongemaak het waar hulle mielies wil plant.
“Die plan is om die mielies as voer vir hoenders te gebruik wanneer ons volgende jaar met hoenders begin boer,” het Amadhila gesê.
Tov het reeds die bakstene gemaak en sal binnekort met die oprig van die hoenderplaas begin. Hulle wil met hoenders boer om eiers en slaghoenders te kry.
“Ons het eiers vir die Tov-sentrum se kinders nodig, maar ons wil ook eiers verkoop sodat ons weer in die sentrum kan terugploeg. Ons sou ook graag ouetehuise en skole van gratis eiers wou voorsien. Al is ons ''n welsynorganisasie, kan ons steeds aan ons gemeenskap teruggee,” het hy gesê.
Daar is ''n paar Bonsmara-beeste op die Tov Evergreen Farm en Amadhila beplan om volgende jaar ook ''n paar melkkoeie aan te skaf.
“Ons het die beeste veral vir noodgevalle. As ons dringend geld nodig het, kan ons ''n bees verkoop en dan het ons geld. Maar ons wil melkkoeie aanhou sodat ons vars melk vir die Tov-sentrum het.”
Volgens hom kan Tov nie net op donasies staatmaak nie en moet hulle planne maak om selfonderhoudend te wees. Dit is om hierdie rede wat Tov ''n huis op Tsumeb gekoop het en dit tans met hulle selfgemaakte stene verbou. Daarna sal hulle drie eenslaapkamer-eenhede, twee kamers met ablusiegeriewe en ''n drieslaapkamerhuis kan verhuur.
“Dit is net nog ''n manier om te verseker dat Tov in die toekoms ''n gereelde inkomste kan genereer.
“Die kinders glo in Tov en in ons, so ons moet hulle van kos kan voorsien en vir hulle liefde en aandag gee. Ons moet hulle versorg, en ons kan dit nie doen as ons die geld het nie,” het Amadhila gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie