Tov help minderbevoorregtes
Tanja Bause
Die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb het as deel van sy maatskaplike verantwoordelikheid gedroogte spinasie aan die Nomtsoub-ouetehuis geskenk.
Die spinasie groei op Tov se Evergreen-plaas en word ook daar gedroog sodat dit langer geberg kan word. Tov is 'n Hebreeuse woord wat goed en mooi beteken. Dit word ook gebruik om te kenne te gee iets werk soos dit moet.
Tov is van voorneme om van die spinasie die jaar aan ses verskillende skole rondom Tsumeb te skenk.
“Ons wil by die skoolvoedingsprogram van die regering betrokke raak. Die kinders kry net mieliepap van die regering af en ons meen die spinasie kan 'n goeie aanvulling wees. Veral omdat dit vol voedingswaarde en vitamine is,” het eerwaarde Edward Amadhila van Tov gesê.
Volgens hom het nie een graad 10-leerling van die Junior Sekondêre Skool Tsintsabis die eksamen geslaag nie.
“Ons wil meer by hoofsaaklik die San-kinders betrokke raak. Ons wil hulle na die plaas toe nooi sodat hulle daar kan studeer en leer.”
Hy nooi mense wat betrokke wil raak om van die spinasie te koop en Tov sal dit dan namens die koper aan die skole skenk.
“Ons is 'n nieregeringsorganisasie wat afhanklik is van die geld wat ons deur middel van die verkope van die spinasie verdien om ons kinders op die skoolbanke te kan hou. Maar as almal net 'n paar sakkies spinasie koop en ons dit kan skenk, word almal gehelp,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie