Towerboek van Harry Potter opgeveil
’n Seldsame handgeskrewe eksemplaar van The Tales of Beedle the Bard deur J.K. Rowling, die skepper van die Harry Potter-reeks, gaan op 13 Desember deur Sotheby’s in Londen opgeveil word.
Die “towerboek” met ’n versameling kinderverhale is deur Rowling geïllustreer en het ook ’n persoonlike inskrywing vir die uitgewer wat haar loopbaan van stapel gestuur het.
Die eerste verwysing na die boek is in Harry Potter and the Deathly Hallows, waarin die storie van die drie broers van belang is. Daarna het Rowling die boek met sy vyf stories geskryf.
Aanvanklik is net sewe handgeskrewe boeke uitgegee, maar later is ’n beperkte oplaag boeke ook gedruk.
Die verkoping val toevallig saam met die uitreiking van ’n nuwe Harry Potter-rolprent, Fantastic Beasts. Die rolprent, sowel as die boek, word beskou as ’n groot Kersfees-bederf.
Die eksemplaar gaan na verwagting vir tussen £300 000 en £500 000 verkoop word.
In 2007 is ’n eksemplaar wat spesifiek gedruk is vir ’n veiling om geld in te samel vir Rowling se liefdadigheidsorganisasie, Lumos, vir ’n astronomiese £1,95 miljoen deur Sotheby’s verkoop.
“Harry Potter het ’n veilingsfenomeen geword,” sê Pontus Silfverstolpe, stigter van Barnebys, die wêreld se grootste veilingsoekenjin. Hy sê alle Harry Potter-gedenkwaardighede, rolprentplakkate en kostuums verkoop soos soetkoek.
“Pryse het die afgelope dekade geleidelik geklim en in onlangse tye verras.”
Rowling se Harry Potter-stoel is vir US$394 000 deur Heritage Auctions in die VSA verkoop. Ook is ’n eerste uitgawe van Harry Potter and the Philosopher’s Stone vir meer as £25 000 verkoop.
Hy sê teen haar vierde boek het Rowling minder boeke onderteken, dus is haar latere boeke met ’n handtekening in hoogs versamelbaar en kan vir tot £10 000 verkoop word. Teen die sesde boek het sy so te sê opgehou met boektoere en ondertekende eksemplare van daardie boeke is nou skaarser as hoendertande.
Die eksemplaar wat onder die hamer gaan kom, het sy aan die Britse uitgewer Barry Cunningham gegee, wat haar eerste Harry Potter-boek vir publikasie aanvaar het.
Die persoonlike inskrywing lui: “To Barry, the man who thought an overlong novel about a boy wizard in glasses might . . . THANK YOU.”
Die persoonlike resonansie van die boek maak dit ’n buitengewone en hoogs aantreklike item op die veilingsvloer, sê dr. Philip W. Errington, ’n direkteur van Sotheby’s se boek- en manuskripafdeling.
Die skrywer het vyf geskryf vir diegene na aan haar terwyl sy die Harry Potter-reeks geskryf het, sy het een vir haarself gehou en die sewende is, soos hierbo genoem, vir welsyn opgeveil. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie