Toyota soek 10 nuwe batterymotors teen 2020
Toyota soek 10 nuwe batterymotors teen 2020

Toyota soek 10 nuwe batterymotors teen 2020

Die Japannese motorvervaardiger Toyota beplan om teen 2020 tien batterygedrewe modelle bekend te stel, het die maatskappy Maandag gesê.

Daar word beplan om die motors aanvanklik in China te koop aan te bied waarna Japan, Indië, Amerika en Europa gaan volg, lui 'n verklaring.

Elkeen van die modelle gaan volledig elektries wees, sê Toyota. Hulle beplan ook om teen 2025 'n elektroniese weergawe van bestaande modelle, insluitend hul reeks Lexus-spogmotors, te bied.

Motorvervaardigers wêreldwyd is besig om al meer elektriese motors te ontwikkel namate die hoeveelheid uitlaatgasse wat motors produseer strenger gereguleer word. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!