Tradisionele begrafnis vir Rukoro
Die Ovaherero tradisionele owerheid het glo daarin geslaag om die regering te oortuig om toestemming te gee dat hul ontslape hoofman eers volgende maand begrawe word.
Mathias Haufiku en Jemima Beukes – Die Ovaherero tradisionele owerheid (OTA) en die regering stamp koppe oor die begrafnis en begrafnisverrigtinge van hul wyle opperhoof, adv. Vekuii Rukoro, wat 'n week gelede oorlede is.
Nadat die nuus oor sy dood vroeg verlede Vrydagoggend begin versprei het, was daar reeds informele besprekings onder die OTA-leiers oor die rouproses wat gevolg moes word en of Rukoro, wat aan Covid-19 dood is, ingevolge die huidige regulasies binne sewe dae begrawe sou word.
Republikein se susterkoerant Namibian Sun het verneem die regering het intussen voor die OTA se meedoënlose eise geswig om hul leier volgende maand te begrawe.
OTA-binnestanders het gesê ’n konsensus is bereik en daar is ooreengekom dat “ons opperhoof nie soos 'n gewone burger begrawe kan word nie, ons moet ons tradisies en rituele nakom”.
Drie dae voor Rukoro se dood het president Hage Geingob die regulasies aangekondig wat verklaar dat begrafnisse binne sewe dae moet plaasvind.
Hierdie besluit is ook daarop gemik om die enorme druk op oorvol staatslykshuise te verlig. Namibië het die 1 000-merk van Covid-19-sterftes verbygesteek.
Die wet gee egter aan “gemagtigde beamptes” die mag om uitstel aan te kondig nie.
Volgens die regulasies sou Vrydag die laaste dag voor Rukoro se begrafnis wees. Geingob het 'n staatsbegrafnis goedgekeur vir die ontslape tradisionele leier, wat ook in die middel 90’s as prokureur-generaal (PG) van die land gedien het.
SENTIMENTELE DATUM
Prof. Mutjinde Katjiua, sekretaris-generaal van die OTA, wat ook as voorsitter van die oorgangskomitee dien, het verlede week aan dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, geskryf om te versoek dat Rukoro se begrafnis op Okahandja tot 18 Julie uitgestel word.
Katjiua het gesê hulle het dié datum gekies omdat dit die datum is waarop opperhoof Hosea Kutako in 1970 oorlede is.
Toe Shangula Donderdag genader is, het hy geweier om te onthul of hy die versoek toegestaan het.
Die uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, het ook geweier om kommentaar te lewer en het navrae na die gesondheidsministerie verwys.
Katjiua het aan Namibian Sun gesê “dit is onprakties om hom Vrydag te begrawe”.
“As die ministerie ons beveel om hom môre te begrawe, sal ons dit op daardie tydstip moet bespreek. Ons beskou dit egter nie as 'n opsie nie,” het hy Donderdag gesê.
Die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, het verlede week aan Katjiua geskryf en gesê: “Die Covid-19-pandemie en die huidige regulasies laat ons met baie min ruimte om 'n man van sy kaliber behoorlik te eer”.
Hy het ’n dringende beroep op die OTA gedoen om die regulasies te gehoorsaam en het spesifiek genoem dat die begrafnis binne sewe dae afgehandel moet wees, dat nie meer as 10 mense die byeenkoms mag bywoon nie en dat kos ná die begrafnis slegs op 'n wegneembasis bedien mag word.
Katjiua het gesê Rukoro se vyf voorgangers is op Okahandja by die Heroes Shrine begrawe, “binne die parameters van ons kultuur en tradisies, met onder meer 'n maand lange rouperiode”.
Hy het bygevoeg die routydperk sal hulle tyd gee om die nodige rituele uit te voer.
DOK OP
Hoewel die OTA die eer aanvaar het wat die regering aan Rukoro toegeken het, het hulle volgens Katjiua die aanbod om vir die begrafnis te betaal, van die hand gewys.
“Wie betaal, kan bepaal,” het hy opgemerk en verduidelik die tradisionele owerheid is versigtig om die beheer van die belangrike verrigtinge aan enigiemand anders af te staan.
Katjiua het gesê “daar is geen aanduiding van die uitstel van die begrafnis nie, maar ek glo die regering begryp die situasie. Daar is kulturele praktyke wat geëer moet word en baie om te doen. Dit was geen gewone sterfte nie. Ons het die tyd nodig,” het hy gesê.
Alhoewel dit nog baie vroeg is, het die voorsitter van die raad van hoofmanne, hoofman Vipiura Kapuuo van Ovitoto die leiding geneem om die gemeenskap deur die proses te help.
Dit sal waarskynlik ook 'n vergadering van die raad van hoofmanne behels, wat volgens Katjiua soveel as 180 mense kan insluit, aangesien elk van ongeveer 30 hoofmanne afvaardigings van tot vyf mense kan saambring.
As 'n Herero-beraad nodig is om 'n nuwe hoof te kies, sal dit tussen 600 en 800 afgevaardigdes betrek, het hy verduidelik.
Alles sal volgens prosedure gedoen word en sal tyd neem, miskien eers ná die onthulling van die grafsteen, wat rondom Oktober of November verwag kan word, en 'n tweede rouseremonie sal behels, het hy gesê.
* Bykomende verslaggewing deur Augetto Graig. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie