Tradisionele medisyne is 'n bekostigbare bron
Tradisionele medisyne is 'n bekostigbare bron

Tradisionele medisyne is 'n bekostigbare bron

Sowat 80% van Afrikane besoek tradisionele genesers.
Henriette Lamprecht
Tradisionele en biomedisyne behoort saam gebruik te word om geestesiektes nie net in staatsgeriewe, maar ook in tradisionele geriewe te akkommodeer en te behandel.

Dit is die siening van die mediese antropoloog dr. Michael Shirungu. Hy het onlangs sy doktersgraad behaal met navorsing wat aansluit by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se “geen gesondheid sonder geestesgesondheid”-beleid. Shirungu het onlangs sy navorsing gedeel tydens ’n openbare lesing wat deur die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) in Windhoek aangebied is. Die lesing het deel gevorm van die NCRST se aktiwiteite wat onder die vaandel van inheemse kennisstelsels val.

Shirungu het tydens sy navorsing tot die gevolgtrekking gekom mense gebruik tradisionele én biomedisyne om hul geestesiektes te takel.

“Die insluiting van tradisionele genesing in die behandelingsraamwerk van biomedisyne kan bes moontlik tot voordeel wees vir ’n land soos Namibië wat min hulpbronne het,” sê Shirungu.

Volgens hom is dit ’n neiging wat deur die WHO ondersteun word. Na beraming besoek 80% van Afrikane tradisionele genesers, hoewel die reëlmaat van een gebied na ’n ander en tussen landelike en stedelike gebiede wissel.

Danksy ’n styging in koste, newe-effekte en die nie-beskikbaarheid van medisyne in veral landelike gebiede, verkies mense volgens Shirungu al hoe meer om tradisionele medisyne te gebruik om hul gesondheidsprobleme te bestuur.

“As sodanig is tradisionele medisyne ’n potensiële bron van veilige en bekostigbare alternatiewe medisyne.”

Hy sê voorts die moontlike oorsake, diagnose en behandeling van geestesiektes deur tradisionele genesers teenoor dié van biomedisyne is totaal verskillend.

“Tradisionele genesers wat van tradisionele medisyne gebruik maak, is ’n noodsaaklike skakel tot die verskaffing van die nodige dienste in hul gemeenskappe. Dit terwyl bevolkings groei en kommer oor gesondheid in kompleksiteit en voorkoms van gevalle groei.”

Shirungu sê daar is min bewyse om die doeltreffendheid van tradisionele medisyne te ondersteun, terwyl moontlike samewerking skynbaar in die gegewe politieke en kritieke aspekte tussen die twee modelle misluk het.

“Daar is egter ’n behoefte om te verstaan, sin te maak en indien moontlik tradisionele genesingstelsels en in veral tradisionele kruie- of plantgeneesmiddels te evalueer om bestaande konvensionele terapieë te ondersteun."

Volgens Shirungu spreek tot 61% van pasiënte wat by ’n staatsinstelling vir ’n geestesiekte behandel word, ook ’n tradisionele geneser.

“Dit is noodsaaklik om ’n debat te begin oor hoe ons tradisionele genesing en medisyne in die formele gesondheidsorgstelsel kan integreer.”

Dit is veral belangrik in terme van die siening van tradisionele genesers dat geestesiektes ’n moontlike gevolg van ’n sosiale afwyking, die toorn van voorvaders of selfs heksery is.

Shirungu het voorts die erkenning en opleiding van tradisionele genesers bepleit, terwyl die wetsontwerp vir tradisionele genesers bespoedig moet word sodat dié genesers kan registreer en binne Namibië gereguleer kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!