Trae polisie sal moet opskud
Reaksietyd gaan verlore wanneer boere op wilddiewe afkom of hul spoor gevolg het, omdat wetstoepassers vereis die saak moet eers by die polisie aangemeld word.
Des Erasmus - Wilddiewe se reaksietyd vir ontvlugting gaan hulle voortaan in die Omaruru-geweste ontneem word. Word ‘n geval van ‘n wild- en veestelery aangemeld, sal die polisie onmiddellik plaas toe moet kom.
Die versekering is op Omaruru deur drie offisiere van die polisiehoofkantoor in die Erongo-streek op Walvisbaai tydens ‘n raadplegende vergadering met die boeregemeenskap gegee. Die byeenkoms om ‘n wild- en veestelery hok te slaan, is deur sowat 40 mense, hoofsaaklik boere, bygewoon. Die drie offisiere was hoofinspekteur Nghaanwa, speurhoofinspekteur Iikuyo Uwu/Khaeb en ao. Shapoumba.
Mnr. Christiaan Traupe, voorsitter van die boerevereniging, het die vergadering gelei.
Kosbare ure in die stryd teen stropers word danksy die aankondiging herwin. Reaksietyd het in die verlede verlore gegaan wanneer boere op wilddiewe afgekom het of hul spoor gevolg het, maar die polisie vereis het dat die saak eers persoonlik by die polisiekantoor op die dorp aangemeld moet word voordat die polisie uitgestuur gaan word. Die verlore tyd het aan die diewe ‘n groter geleentheid gebied om weg te kom.
So ‘n polisiekontingent sal ook volledig toegerus moet wees om verklarings op die toneel van die misdaad af te neem. Sodanige verklarings moes in die verlede ook op die dorp afgelê word. Inhegtenisnemings sal gevolglik ook op die toneel uitgevoer kan word. Oortredings sal ook in drie kategorieë ingedeel word - gering, minder ernstig en ernstig. Geringe oortredings moet binne sewe dae in die howe dien, minder ernstige gevalle binne 14 dae as die oortreders aan die klaers bekend is en 28 dae, sou die oortreders onbekend wees. In die geval van ernstige oortredings is die tydperk vir hofverskynings twee maande.
Ná die aanmelding van oortredings moet die klaers gereeld deur die polisie van vordering met die ondersoeke ingelig word.
Oor die toekenning van borgtog aan die beweerde oortreders is op ‘n volgende vergadering met die boere besluit. Die toekenning van borgtog val buite die jurisdiksie van die polisie en landdroste en staatsaanklaers sal op so ‘n opvolgbyeenkoms verteenwoordig moet wees. Die polisie beskik wel oor ‘n reg om borgtog tydens hofverskynings teen te staan, maar kan nie daaroor beslis nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie