Tragedie in die duine
Tragedie in die duine

Tragedie in die duine

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die liggaam van ‘n Franse toeris, mnr. Remondiere Nicolas (54), is Vrydag by Dooievlei gevind nadat hy Donderdagoggend tydens ‘n besoek aan Sossusvlei afgedwaal het van ‘n toeristegeselskap.

Die tragedie wys volgens mnr. Nrupesh Soni van die Namibia Travel And Tourism Forum op die noodsaak van reddingsplanne in die toerismebedryf.

Die uitstappie het omstreeks 09:00 plaasgevind en volgens insp. Elifas Kuwinga is die oorledene eers om 15:00 deur ‘n toergids as vermis aangemeld.

Die polisie, bewaarders en toerismepersoneel het volgens hom dadelik ‘n soektog van stapel gestuur.

‘n Nadoodse ondersoek moet nog plaasvind.

Volgens mnr. Delphin Ilunga from Furaha Tours and Safaris het Nicolas op 8 November saam met ‘n toergroep in Namibië aangekom. Hul besoek sou 19 dae duur.

Vir die safari wat Nicolas bespreek het, is ‘n gesondheidsertifikaat volgens haar vereis.

Volgens Ilunga het Nicolas halfpad teen ‘n duin op aan die gids gesê dat hy nie kan bybly nie. Hy het gesê hy sal ‘n alternatiewe, “makliker” roete terug volg. Die gids het glo aan hom gesê om by die parkeerterrein te wag waar daar ‘n groot skaduboom en ‘n bankie is.

Ilanga is ontevrede dat ‘n lugsoektog nie onderneem is toe mense op die grond die toeris nie kon opspoor nie.

“Hulle (die polisie en owerhede) het protokolle probeer volg, maar ons glo dat dit ‘n noodgeval was en dan moet ons van protokol afwyk,” sê hy.

‘n Plaaslike toergids, mnr. Paulus Hamukoto, bekend as Uncle P, het gesê dit is nie so maklik om in die duine te verdwaal nie, maar daar kan bydraende oorsake wees. Volgens hom moet toeriste gidse se opdragte uitvoer en die tyd van die jaar is temperature baie hoog vir Europeërs.

Hamukoto was deel van die soektog.

‘n Gids het tydens ‘n uitstappie met ‘n ander groep die liggaam gevind.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme asook die toerismeraad het hul meegevoel met die lewensverlies uitgespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!