Trampolien-goud die hoogtepunt van Statebondkompetisie
Gimnastiek
Die Namibiese Gimnastiekfederasie was onlangs geëerd om die Junior Statebond gimnastiekkampioenskap aan te bied. Die kampioenskap in Walvisbaai se munisipale binnenshuise sportkompleks is onder die vaandel van die Internasionale Gimnastiekfederasie gehou.
Die lande wat deelgeneem het, was Suid-Afrika, Maleisië, Wallis, Sri Lanka, Nieu-Seeland, Kaaimanseilande, Kanada en Namibië.
Namibië het spanne in die vroue artistiese gimnastiek, trampolien-, tuimelgimnastiek, die dubbelmini-trampolien asook ritmiese gimnastiek in die veld gestoot.
In artistiese gimnastiek het altesame 27 vroue aan die algehele kompetisie deelgeneem. Die Namibiese meisies is soos volg geplaas: Elisbé Swanepoel 15de, Emogene Kgobetsi 20ste, Natascha Pfaender 21ste en Christel Thirion 22ste. Carané van Zyl het nie ''n plek in die algehele kompetisie behaal nie, omdat sy net op sekere apparate spesialiseer.
Namibië het in die spankompetisie vyfde klaargemaak. Elisbé Swanepoel het vir die ongelyke brug se finaal gekwalifiseer waar sy agtste geplaas is.
In die trampolien- en tuimelkompetisie is die volgende uitslae behaal:
Trampolien mans individueel: 1 Remi Aubin (Kanada), 2 Lance Potgieter (Namibië), 3 Luka Angileri (Suid-Afrika).
Trampolien vroue individueel: 1 Indië Marshall (Wallis), 2 Kayla Smith (Wallis), 3 Eliane Ross (Kanada).
Trampolien gesinkroniseerde mans: 1 Char Tier / Legace (Kanada), 2 Angeleri / Booysen (Suid-Afrika), 3 Potgieter / De Jager (Namibië).
Trampolien gesinkroniseerde vroue: Charlize van Zyl / Carané van Zyl (Namibië).
Dubbel-minitrampolien mans individueel: 1 Benjamin Lagacé (Kanada), 2 Onke Mangele (Suid-Afrika), 3 Seth Maloy (Suid-Afrika).
Dubbel-minitrampolien vroue individueel: 1 Charlize van Zyl (Namibië), 2 Carané van Zyl (Namibië), 3 Charné Steyn (Suid-Afrika).
Trampolien manspanne: 1 Kanada, 2 Namibië, 3 Suid-Afrika.
Trampolien vrouespanne: 1 Wallis, 2 Namibië, 3 Kanada.
Dubbel-minitrampolien manspanne: 1 Suid-Afrika, 2 Kanada, 3 Namibië.
Dubbel-minitrampolien vrouespanne: 1 Namibië, 2 Suid-Afrika.
In die ritmiese gimnastiek was daar ''n totaal van 15 deelnemers. Die Namibiese junior span het uit Allison Duvenhage, Clara Reyero en Sina Gawises bestaan. Al drie meisies het ook onlangs aan die Afrika-kampioenskap deelgeneem.
Allison en Sina het beide vir twee apparate se finale gekwalifiseer, terwyl Clara vir vier uit vier finale gekwalifiseer het. Die span het in die vierde plek geëindig.
Die Namibiese Gimnastiekfederasie het ''n besonder besige jaar agter die blad met die aanbieding van twee groot internasionale kompetisies, asook ''n internasionale afrigtingskursus vir aërobiese gimnastiek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie