Trane loop oor lusern vir droë Vredeshoop
Ronelle Rademeyer - Toe me. Bella Marais se hart wou breek vir haar ouers, vasgevang in die knelgreep van die droogte op hul plaas Vredeshoop, het sy uit desperaatheid ‘n foto op Facebook geplaas en by mense gepleit om vir haar pa en ander boere soos hy te bid.
Mnr. Bertie en me. Lettie Marais se plaas is sowat 40 km van Araob af geleë en daar is geen weiding meer vir die vee en wild nie, vertel sy in 'n e-pos aan Republikein.
Bella, wat in Kathu in die Noord-Kaap woon, sê iemand in Suid-Arika het toe bale voer aan haar pa geskenk.
“Ek het vervoermaatskappye gebel, maar die kostes was so hoog dat dit nie die moeite werd was nie. Ek het gebid en die Here gevra vir ‘n uitweg sodat ek my pa kan help, want hy is besig om hoop te verloor,” vertel sy.
Sy self het maar min hoop gehad en was boonop bang haar pa oorleef nie dié swaarkry nie.
“Ek het vir Burre Burger van Droogtehulp (in Suid-Afrika) ‘n boodskap op Facebook gestuur en raad gevra. Hy laat weet toe: ‘Bella, ek het vir jou pa ‘n vrag lusern wat uit Mariental kom’.”
Sy vertel sy was so oorstelp dat sy begin huil het.
“Hy het gesê ek moenie vir hom dankie sê nie, maar vir die Here.
“My pa het Vrydag gebel en laat weet die lorrie kom Saterdag. Ek kon die dankbaarheid in sy stem hoor. Ek het agtuur daardie aand besluit om in my bakkie te klim en deur te ry plaas toe.
“Dit is 'n groot oomblik. Hierdie wonderwerk wou ek deur middel van foto’s met almal deel. Ek en my vriendin Elsa Smith het tweeuur Saterdagoggend op Vredeshoop se werf stilgehou,” vertel sy.
“Toe daai lorrie Saterdag met die bult afkom . . . Daardie gevoel kan ek vir geen mens beskryf nie. ”
Sy sê terwyl hulle afgelaai het, het sy besef daar is altyd hoop.
“Ons moet net glo, vertrou en bid en nooit hoop verloor nie. Toe ek en my pa begin hoop verloor het, het die Here vir Burre Burger oor ons pad gestuur. Net so sal hy elke boer seën met genoeg reën; ons moet altyd onthou ons tyd is nie Sy tyd nie en geduldig wees.”
Bella sê sy is baie dankbaar vir mnr. Wilhelm en me. Julandi Loubser wat die lusern geskenk het, asook vir mnr. Corrie en me. Alma Korf vir die vervoer daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie