Trane loop op konsert in Manchester

’n Sterbelaaide geldinsamelingskonsert is Sondag, ’n dag ná ’n terreuraanval in Londen, vir die slagoffers van die Manchester-bomaanval gehou. Die konsert het begin met betraande aanhangers en swaar polisieteenwoordigheid. Die konsert, by Manchester se Old Trafford-krieketveld, kom nadat Ariana Grande se konsert op 22 Mei in dié stad in chaos geëindig het toe 22 mense dood en 100 ander in ’n selfmoordbomaanval beseer is.
Die konsert het met ’n oomblik van stilte begin vir die slagoffers van die bomaanval. Daarna het Tony Walsh sy gedig This the Place voorgelees. Ten tyde van die vertoning het sommige konsertgangers in trane uitgebars, ander het hande geklap en gedans terwyl polisielede op perde die gebied gepatrolleer het.
“Ek wil nie vrees in hierdie gebou voel, hoor of sien nie,” het die Amerikaanse sanger Pharrell Williams aan die skare gesê toe hy sy liedjie Happy sing.
“Die enigste ding wat ons vanaand wil voel, is liefde en positiwiteit.”
Miley Cyrus, wat ook opgetree het, het gesê sy wil graag aan elkeen ’n drukkie gee en dankie sê.
“Die grootste verantwoordelikheid wat ons in hierdie tyd het, is om vir mekaar te sorg.”
Diegene wat Grande se 22 Mei-konsert bygewoon het, het gratis kaartjies ontvang om Sondag se vertoning by te woon. Shannon Beetham (14), wat in verlede maand se bomaanval beseer is, het ook die vertoning bygewoon.
“Ek is regtig opgewonde, maar ook bang. Ons is ook daar in Manchester (-arena) getref.”
Die polisie het saam met gewapende offisiere die perseel gepatrolleer. Konsertgangers is deurgesoek en snuffelhonde het ook die perseel gepatrolleer.
Konsertgangers is deur die polisie gewaarsku dat strenger beheer by die konsert toegepas word ná Saterdag se aanvalle in Londen.
Sewe mense het Saterdag gesterf toe ’n wit paneelwa mense op London Bridge raakgery het en daarna na die Borough Market-gebied gejaag het waar hulle mense met messe aangeval het.
Die konsert het goed afgeloop. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!