Tranestroompie
PEET VENTER SR. SKRYF: As trane sou help, sou ek my oumenstrane tot binne die Klein Windhoekrivier wou stort – amper soos ’n treuroffer. Net soos baie ander rivierlope en spruite in en om Windhoek, wag dié rivier om met spoedige seën van bo, weer boordens-toe-vol, hul eeue-oue pad êrens heen te vat.
Genoemde Klein Windhoekrivier is tans ’n treurige gesig, nie net droog nie. Dit het inwoners se stortingsterrein geword, vir alles. Dit het ook ’n tuiste geword vir vele ontneemdes, asook vir vrugtesmouse wat spook om ’n bestaan in die nabyheid van die nuwe Amerikaanse ambassade te probeer maak.
Enige hulpvoggies wat moontlik nog sedert die laaste reënseisoen in die KWR-boesem weggekruip het, word deur die Prosopis-indringerbome opgesuig. Ek kan ook nie help nie, om bv. bosluise op vee en die huidige onophoudelike korrupsieskandale, sowel as growwe wanadministrasie as die symste tipes te identifiseer.
En die noordelike nywerheidsbied lê nog op die Klein Windhoekrivier se oewers en wag om daagliks onwettig ontslae te raak van alle vorms van vloeibare en vaste besoedeling.
En nou, die Elisenheim-woonbuurt teenaan die Klein Windhoekrivier. Skielik verskyn nou lowergroen biesiepolle en groot Papyrus-struike in ’n baie eina waterstroompie. Noem dit ’n sypeling of fonteintjie, maar dit beur voort, noordwaarts! Skielik is daar orals rooi- en geelvinke besig met gekwetter en behuising. Fisante en tarentale skud hul skaamgeit af en dwaal deur die woongebied. Die bestuur laat alles en almal welkom voel.
Daar’s rêrige vis in die stroom en geveerde visvangers wat swaaiend wag vir ’n happie. Stappers met hul honde koel voete en pote af in die lafenis. En dit is net hier waar die sirene prentjie in ’n nagmerrie verander.
Hou met die grondpad, wes van Elisenheim langs tot die Klein Windhoekrivier met sy koel waterpoele oor jou pad kom. ’n Bietjie rondkyk sal jou oortuig dat dit net wonderlik is – waterpoele en ’n klein waterstroompie wat voortkabbel. En dis so stil. Daar is honde-eienaars wat sewe dae per week hierheen kom, om hul honde die genot van water in die natuur te laat beleef – lekkende tonge en al.
Jammer, natuurliefhebbers – hier moet ek my seer hart oopmaak. Die afgelope tyd is daar massiewe tenkvragmotors wat hierdie waterpoele kom leegsuig, tot drie op ’n slag. Dit word totaal leeggepomp. Net die modder en verleë voëltjies bly oor. Snags vloei hierdie poele weer vol, net om die volgende dag heel vroeg leeggepomp te word. Die tenkers is eintlik padboutoerusting, want mens kan sproeiers op die agterkante identifiseer.
Identifikasie met foto’s en Google het maklik gewys wie die uitsuiers (bosluise) is. Dit sal aan die redaksie oorhandig word vir verdere gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie